|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
Navorsing is noodsaaklik om maniere te vind om binnelandse produsente melk goedkoper kan produseer, aangesien dit is waar die meeste fabrieke geleë is, terwyl die meeste melk van die kusgebiede kom, het dr. Pieter de Villiers, hoofbestuurder van die Melkprodusente-organisasie (MPO), op die jaarkongres van die SA Nasionale Saadorganisasie (Sansor) in Benoni gesê.
"Weens lae melkpryse en hoë koste van produksiemiddele verlaat talle boere hierdie bedryf. Produksie het sedert 1995 feitlik oral in die binneland gedaal, buiten in die Vrystaat waar dit redelik stabiel gebly het. Boere in die kusgebiede lewer nou meer melk. Die Wes-Kaap lewer 24,5 % van die land se melk, die Oos-Kaap 20,5 % en KwaZulu-Natal 19 %."
Volgens hom is die neiging dus dat produksie na die kusstreke verskuif, waar 64 % van ál die melk in die land geproduseer word. Die meeste fabrieke is egter in die binneland en 600 000 liter tot 'n miljoen liter melk word daagliks van die kus na hierdie fabrieke vervoer. Gauteng gebruik boonop 65 % van ál die vars melk.
Voerkoste is al 60 % van die totale produksiekoste. "Ons moet maniere vind waarop boere in die binneland melk winsgewender kan produseer," het hy gesê.
21 Mei 2004Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24