|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
Baie Wes-Kaapse boere is nou spyt dat hulle nie vroeër vanjaar die hoë koringpryse van byna R1 900/ton benut het nie. Produsentepryse het vinnig met sowat R530/ton gedaal tot ongeveer R1 360/ton verlede week.
Hierdie groot finansiële verlies vir baie boere beklemtoon weer die belangrikheid van 'n gebalanseerde bemarkingstrategie, sê mnr. Albertus Viljoen, 'n direkteur van Bester Voer- en Graanbeurs. Boere wat nie gewag het vir 'n prys van R2 000/ton nie, maar deur die seisoen hul graan gekontrakteer het, kan nou met gemiddelde pryse van meer as R1 700/ton spog.
Mnr. Viljoen meen die koringprys het sy draaipunt bereik. As die rand die vlak van sowat R9,50 handhaaf, kan die koringprys styg en in Maart/April op R1 750/ton tot R1 800/ton stabiliseer. Groot voorrade by die meeste meulenaars en die min Wes-Kaapse graan wat reeds gekontrakteer is, kan egter hierdie styging onder druk plaas.
Hoewel die prysdaling hoofsaaklik deur die sterker rand gedryf is, is boere ook gedeeltelik daarvoor verantwoordelik. Almal het geweet 'n tamaaie Kaapse oes is op hande, maar min boere het voor oestyd hul graan verkoop. Dit het tot paniekverkope in oestyd gelei wat pryse onder druk hou. Baie boere het ook op Safex gespekuleer. Hulle het teen hoë pryse gekoop voordat die mark geval het en ly nou groot verliese.
6 Desember 2002Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24