Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Purchase-moet-lbk-nuwe-era-lei

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 18:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:59%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Purchase moet LBK in nuwe era lei

 
Deur NICO VAN BURICK

Dr. John Purchase, hoofbestuurder van Graan SA wat op 1 September die nuwe uitvoerende direkteur van die Landboubesigheidskamer (LBK) word, is 'n goeie kandidaat om die LBK in 'n nuw era in te lei.

Só sê sy voorganger, dr. Tobias Doyer, wat hom by Absa aansluit om banksake met die vervaardigingsbedryf, waarvan landbouprosessering 'n belangrike komponent vorm, te bevorder. Doyer sê Purchase is 'n uitstekende kandidaat wat goed in die landbou geposisioneer is, hy is in aanraking met talle mense in die bedryf en het die styl en aanvoeling vir 'n nuwe era.

Hy meen die LBK sal in die toekoms sy reikwydte uitbrei om ook ander voorsieners aan die landbou in te sluit en om 'n meer volwaardige rol in die landboufamilie te speel. Dit sluit in die uitbreiding van die handel in Suider-Afrika en na-vestigingsondersteuning van nuwe boere.

Mnr. Neels Ferreira, voorsitter van Graan SA, sê hy is spyt dat Purchase Graan SA se diens ná vyf jaar verlaat. Hy het hom bedank vir sy diens aan graanboere en hom voorspoed toegewens.

Hy sê die gewone prosedure sal nou gevolg word om die posisie te vul en die pos sal geadverteer word. " 'n Man van die kaliber wat vir die pos nodig is, skop 'n mens ongelukkig nie agter elke bos uit nie. Daar is min wat oor die nodige ervaring en kennis van die graan- en oliesadebedryf beskik."

Purchase sê hy sien uit na die uitdagings en geleenthede wat die pos binne die landbou-waardeketting bied. "In 'n tydperk van globalisering is daar baie nuwe handelsgeleenthede wat waarde vir aandeelhouers kan toevoeg en landbou in die algemeen in 'n mededingende omgewing kan bevoordeel. Ek sal ook graag met die regering en ander belanghebbendes wil saamwerk ter wille van beter geleenthede vir almal," het hy gesê.

Purchase was sedert 2002 in die bestuurspan van Graan SA. Hy het in Julie 2005 hoofbestuurder geword. Hy het ook wye navorsingservaring by die Landbounavorsingsraad se Kleingraaninstituut in Bethlehem opgedoen waar hy sedert 1981 gewerk het.

Landbouweekblad, 27 Julie 2007

 

0
 
 
  • 1396 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Aspirant-wynmaker oorsee
  • Siklone lei tot vloede in dele van SA
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction