Menu
 


23 Maart 2012

970 keer gelees | 1 kommentaar

Sowat R1 miljard is nodig om die suur mynwater in die Witwatersrand se mynkomme te behandel.


Sowat R1 miljard is nodig om die suur mynwater in die Witwatersrand se mynkomme te behandel, sê me. Edna Molewa, Minister van Waterwese en Omgewingsake.

Luidens ’n berig op die webwerf Engineering News is R924 miljoen nodig om ’n korttermynplan vir die probleem in werking te stel. Meer geld is nodig om die probleem op langtermyn op te los.

Die Tesourie het egter net R433 miljoen beskikbaar gemaak. Molewa sê haar departement en die Departement van Energie sal derhalwe die hulp van die private sektor inroep om die res van die geld te bekom.

“Sodra ons meer duidelikheid het oor die pad vorentoe en die proses wat gevolg kan word om oplossings te bespoedig, sal my departement verdere aankondigings in dié verband maak,” sê Molewa. Sy sê die omskakeling van die korttermynoplossings na die langtermynoplossings moet sonder haakplekke geskied.

Behandeling
Mnr. Marius Keet, waarnemende direkteur vir watergehalte in Gauteng, sê volgens die korttermynoplossing vir die probleem moet behandelingsaanlegte 30 jaar tot 50 jaar lank werk, wat die eerste stap van die langtermynoplossing is.

Die eerste stap van die korttermynoplossing is om die behandelingsaanleg by Rand Uranium, waar suur mynwater in die Tweelopiespruit inloop, se kapasiteit van 12 miljoen liter per dag tot 36 miljoen liter per dag te verhoog. Dié stap sal in April vanjaar in werking gestel word.

Die behandelingsaanlegte wat beoog word, sal na verwagting die soute of sulfate wat in die besoedelde water voorkom, halveer.

Die vlak van suur mynwater wat tans in die oostelik mynkom voorkom, lê 588 m onder die oppervlak, terwyl die vlak waar dit vir die omgewing gevaar inhou 290 m is. Die sentrale mynkom lê tans op 353 m onder die oppervlak, met die gevaarvlak hier 174 m is. Die westelike mynkom het reeds begin oorspoel.

Bron: Engineering News

23 Maart 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Onbekende besoeker

2012/03/25 12:24:59 AM

Dan wil die regering nog myne in die Karoo toelaat, hulle kan nie eers hierdie regmaak nie. Hierdie probleem is al lankal aan die gang. Daar was al voorheen mense aangestel, maar soos ek verstaan is BEE mense genoem? Hoekom , dit het net die hele situasie vererger. Die jongste berig in een van die koerante vra die Minister hulp dat alle Suid-Afrikaners moet help. Wel, eerstens, as die Minister daar aangestel is, moet sy/hy mos weet, want hulle is verantwoordelik. Die Minister het toegelaat dat die Munisipaliteite nie hulle werk doen nie. Munisipaliteite het regulasies en bywette wat toegepas moet word. Regeringsdepartemente doen ook nie hulle werk nie, want dan sou hulle gesien het, die permitvoorwaardes word nie nagekom nie. Nou wie doen nie hulle werk nie? Hulle is onbevoeg om hulle werk te doen. Stel mense aan wat geskik is om die werk te doen. Mens speel nie met suur water of uranium nie. Hoe word myne toegelaat om eerstens te besoedel, en nie 'n minister of munisipale inspekteurs tree op nie? MYNE is verantwoordelik. MYNE kry die geld van wat gemyn word. MYNE is verantwoordelik vir alle besoedeling, en moet die area weer herstel soos wat dit was voor daar gemyn is. As 'n Minister nie die werk kan doen nie, is hulle onbevoeg. Hoekom kry hulle almal salarisse as hulle nie die werk kan doen nie. Soos ek verstaan het, was daar alreeds 2006 ingenieurs en konsultante wat dit kan herstel, wat het daarvan geword. As BEE betaal is, hoeveel geld het die staat al verloor, of was dit vir boeties en sussies betaal?

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 15/04/14 22/04/14 %
Beesvleis A2/A3 3446c 3452c down 0.2
Speenkalf (lewend) 1719c 1726c down 0.4
Skaapvleis A2/A3 4709c 4730c down 0.4
Varkvleis (gem. prys) 2132c 2119c down -0.6
Braaikuikens 1721c 1729c down 0.5

Aandele