|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
Goeie pryse is op vanjaar se nasionale Dorperveiling by Upington behaal. Die duurste ram, Oorlog, van mnr. Leroy Phillips van Adelaide is vir R80 000 aan mnre. Jan Wiese van Loxton en Francis Visagie van Brandvlei verkoop. Die duurste ooi was 'n Wit Dorper van mnr. Hendrik van Zijl van Loeriesfontein wat vir R5 200 aan mnr. J.L.K. Kotzé van Niekerkshoop verkoop is.
Die volgende gemiddelde pryse is behaal (aantal diere verkoop in hakies):
Dorperramme: Tipe-5 (30), R23 216; stoet (77), R5 897; kudde (85),
R3 404.
Wit Dorperramme: Tipe-5 (4), R12 375; stoet (35), R5 477; kudde (40), R3 252.
Dorperooie: Tipe-5 (9), R2 775; stoet (15), R1 170; kudde (4), R850.
Wit Dorperooie: Tipe-5 (7), R2 500; stoet (3), R2 800; kudde (5),
R1 660.
Altesame 327 diere is aangebied waarvan net 13 nie verkoop is nie. Die omset was R1 891 250. Die veiling is deur KLK Landbou van Upington aangebied, met mnr. Deon Klopper op die rostrum.
12 Desember 2003
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24