Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Rampspoed-re-n-saai-verwoesting

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 18:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:59%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Rampspoed-reën saai verwoesting

 
Deur AMELIA GENIS

By Halfmanshof, naby Porterville, is dit oestyd en tyd om wingerde te snoei, maar op die meeste plase is boere en werkers besig om die skade op te ruim ná 'n vloed dié gebied verniel het.

In sekere opsigte is die skade egter onherstelbaar: Mnr. Kosie van Niekerk van die Kosie van Niekerk-boerdery by Halfmanshof, op wie se plase die tafeldruifwingerd skaars bo die water sigbaar was, sê die bogrond wat see toe gevloei het, is vir altyd verlore. Boere wat vir die Amerikaanse mark sou lemoene pluk, sal die lemoene teen aansienlik laer pryse in die plaaslike mark moet verkoop.

Vandat dit op 4 Junie regoor die Wes-Kaap begin reën het, het daar tot 12 Junie kwalik 'n reënlose dag verbygegaan. Reënval van tot 420 mm is rondom Porterville gemeet - 175 mm in een nag.

Mnr. Hermie Vlok van 24 Riviere-boerdery, Halfmanshof, sê noudat die reën verby is, sien hulle regtig die skade. "Dit is meestal skade aan paaie en boorde. In die lemoenboorde waar oestyd pas begin het, is die bome se wortels oopgespoel. "Ons sal grond moet soek om die walle reg te maak."

Daar lê baie weke se werk voor, sê Van Niekerk. Hy beraam die skade in sy boerdery op R500 000 tot 'n miljoen rand. "Dit is eintlik hartseer. Ons het die plaas oor 26 jaar opgebou en dis oornag verwoes, maar die lewe gaan aan. Ons moet opruim en begin snoei om volgende jaar 'n oes te hê."

Mnr. Carl Opperman, hoofbestuurder van Agri Wes-Kaap, sê hulle is nog besig om die omvang van die skade in die provinsie te bepaal, maar die eerste skatting is ongeveer R40 miljoen. Hulle wil om ramphulp aansoek doen.

Talle boere in die Swartland het ook ernstig skade gely. Mnr. Joachim Louw van Houmoed, Moorreesburg, wat 176 mm reën gehad het, het 45 lammers verloor. Meer as 4 km draad van lamkampies het weggespoel. Met 'n vervangingskoste van R13,50 per meter, sal die skade 'n aardige bedrag beloop.

Volgens mnr. Frehan Bester van Skildpadvlei, Moorreesburg, is daar kommer oor die kunsmis wat uitgewas is en of die lande gou genoeg sal afdroog sodat plaagbestryding gedoen kan word. Mnr. Paul Burger van Kolsvlei in die tradisioneel droër Rooi-Karoogebied naby Piketberg, sê hy moet letterlik deur diep water gaan om by sy grond in die Sandveld uit te kom. Die feit dat die grond goed en diep nat is, is 'n voordeel.

Mnr. Jan van Niekerk van Puts, Vanrhynsdorp, sê op die eufemistiese manier van sy streek, die wêreld is " 'n bietjie nat". Al het die reën verspoelings veroorsaak, sal die grond nog goed nat wees as hulle oor twee weke begin rooibostee plant.

Ná drie moeilike jare waarin hulle selfs brak boorgatwater ten duurste moes ontsout, kon hulle vanjaar na hartelus water uit die Olifantsrivier pomp, sê mnr. Dippies Dippenaar, bestuurder van Lutouw-landgoed, buite Lutzville. Hy het toestemming om water uit die Olifantsrivier te pomp as dit in vloed is.

Dippenaar en mnr. John Roux van Onverwacht, Vredendal, en voorsitter van die Benede-Olifantsrivier Watergebruikersvereniging, sê die goeie reën het die sout, wat dikwels by besproeiingsboerdery opbou, weggespoel. Verder is die Clanwilliam-dam, die lewensaar van boerdery in die Vredendal-omgewing, vir die eerste keer in drie jaar tot oorlopens toe vol. Verder noord, in die Kamieskroon-omgewing, is 120 mm reën en meer die afgelope week gemeet.

Landbouweekblad, 22 Junie 2007

0
 
 
  • 1942 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Mynregte by Mapungubwe toegeken?
  • Lewer kommentaar op groenskrif
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction