Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Rassespanning-moet-aandag-kry

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 18:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:59%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Rassespanning moet aandag kry

 
deur ALANI JANEKE

Rassespanning en onverdraagsaamheid in Suid-Afrika is probleme wat aandag moet kry, sê mnr. Doudou Diène, ’n hooggeplaaste beampte van die Verenigde Nasies (VN). Luidens ’n verklaring was dit Diène se reaksie op AfriForum se voorlegging aan die organisasie se menseregteraad oor mnr. Julius Malema, die leier van die ANC Jeugliga, se haatspraak.

Diène, die VN se voormalige Spécial Rapporteur oor hedendaagse vorme van rassisme, rassediskriminasie, xenofobie en soortgelyke vorme van onverdraagsaamheid.

Mnr. Ernst Roets, die adjunk uitvoerende hoof van die organisasie, het die raad Woensdag, 6 April 2011, in ’n konferensie in Kenia oor hul hofsaak teen Malema en die situasie rondom die sing van die lied, “Skiet die boer”, toegespreek.

Gebrek aan leierskap

Ander afgevaardigdes van die kongres het opgemerk dat hulle ervaar dat ’n gebrek aan politieke leierskap in Suider-Afrika bestaan. ”Daar is spesifiek ook verwys na rassistiese uitlatings deur die Zimbabwiese president, Robert Mugabe, en die feit dat ander regeringsleiers nie bereid is om hom daaroor voor stok te kry nie,” lui die verklaring.

AfriForum meen dat die hofsaak teen Malema, wat op 11 April 2011 begin, een van die prominentste hofsake sal wees sedert pres. Jacob Zuma se korrupsieverhoor.

Hooggeplaastes

Verskeie hooggeplaastes sal tydens die verhoor as getuies vir Malema en die ANC geroep word. Hulle sluit onder andere mnre. Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, en Colin Chabane, Minister in die Presidensie, dr. Wally Serote, ANC-veteraan, mnr. Derek Hanekom, Adjunkminister van Wetenskap en Tegnologie, en Malema self in.

Roets sal namens AfriForum getuig en dr. Annamarie Gray, senior lektor in musiek, sal as ’n deskundige getuie geroep word. Gray het ’n meestersverhandeling in musiek getiteld “Die rol van vryheidsliedjies tydens die struggle-era” gedoen.

Die TLU SA gaan ook verskeie getuies roep, onder wie ’n kriminoloog van die Universiteit van Pretoria.

7 April 2011
 

0
 
 
  • 1231 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Butchvan Blerk 
08 Apr 2011 10:09

Die regerende party het geen meer opsies as om die raasekaart te gebruik nie. Sy arsenaal is dolleeg.
Wetgewing moet dit 'n kriminele oortreding maak om die raskaart te speel wat minderhede te intimideer.

  • antwoord
Saaiboer 
07 Apr 2011 18:33

Pierre, die ANC sal die blanke nie op sy eie laat gaan nie, omrede dit meestal hulle is wat die belasting betaal. Ons is die amptelike sponsers van die "gravytrein".

  • antwoord
Pierre Venter 
07 Apr 2011 15:19

Die probleem om deel te wees van 'n minderheidsgroep, is presies dit - jy bly 'n minderheid. Die belange van sulke groepe sal altyd minder belangrik wees vir die meerderheid. Die enigste logiese oplossing is om 'n bestel te skep waarbinne minderhede hulself kan regeer en sodoende hule eie belange bevorder. 'n Meerderheidsgroep gaan dit beslis nie vir hulle doen nie. Dit beteken iets in die rigting van 'n federale bestel waar elke bevolkingsgroep homself regeer.

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Pasta met romerige sampioen-en-broccolisous
  • Planters
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction