|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
Kundiges meen die groot hoeveelhede reën wat die afgelope twee weke oor groot dele van die land geval het kan ‘n grootskaalse waterkrisis veroorsaak.
Me. Mariette Liefferink, uitvoerende hoof van die Federasie vir ‘n Volhoubare Omgewing, sê suurwater vanuit die Witwatersrand se westelike myngebied stroom die Limpoporivier- en Vaalrivier-opvangsgebiede in weens die reën. Sy sê dit loop dus in die Tweelopiespruit, die Krokodilrivier en Wonderfonteinspruit in.
Volgens Liefferink kan dié suurwater riviere besoedel en in Potchefstroom en dele van Gauteng se drinkwater beland as dit nie spoedig behandel word nie. Sy sê sy het wel inligting ontvang dat die Regering R2 miljoen bewillig het om die water tydelik te behandel, maar ‘n langtermynplan is broodnodig.
“Dit is betreurenswaardig dat dit eers op ‘n krisis moes uitloop vir die Regering om hierop te reageer. Hulle weet al van 1996 af van die probleem!”
Regstappe op die horison
Liefferink sê hulle het die Regering tot aan die einde van vandag tyd gegee om ‘n gedetailleerde langtermynplan vir die behandeling van die water aan hulle voor te lê, andersins sal hulle in samewerking met die Legal Resource Centre regstappe neem.
“Ons wil ‘n gedetailleerde strategie vir die behandeling van die water en riviere sien. Die plan moet ook verduidelik hoe verbruikers in opvangsgebiede onder die kom vergoed gaan word en hoe die omgewing herstel gaan word!
“Die situasie is baie, baie ernstig en kan ‘n groter krisis veroorsaak as wat mens dink!” Liefferink meen die hantering van dié kwessie gaan ‘n presedent skep vir die hantering van suurwater uit die sentrale en oostelike dele van die land. “Ons verwag dat suurwater uit dié dele binne twee jaar gaan oorspoel wat ondenkbare gevolge kan hê”. Volgens Liefferink is suurwater wêreldwyd die tweede grootste krisis naas klimaatsverandering.
Hulp aan Vrystaat-boere
Intussen hoop Vrystaat Landbou dat probleme weens oorstromings in dié provinsie binnekort in alle erns aangespreek sal word. Mnr. Henk Vermeulen, hoofbestuurder, sê hy het vandag in kontak getree met die Premier se kantoor, asook die provinsiale Departement van Landbou en ramp- en noodhulpsentrums.
Groot dele van die provinsie het vandeesweek onder oorstromings deurgeloop, veral in die noorde en ooste. “Ons is steeds bekommerd oor die Vaalrivier se vlakke wat nie daal nie, veral met die dam se sluise wat oop is.
Daar is nog ‘n gebied wat bygekom het; ons het vanoggend gehoor die pad tussen Wesselsbron en Bultfontein moes weens die reën gesluit word”. Vermeulen sê in die meeste gebiede skyn die son egter en word opnames van die skade gedoen.
29 Januarie 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Ek voel jammer vir die mense wat skade gelei het agv. die reen, maar aan nie anderkant is ek jaloers, want hier in die Boesmanland is 'n klein area van ongeveer 10 plase(80 000 ha) wat die afgelope 6-8 jaar gemiddeld ongeveer 50mm per jaar reen ontvang het. Hierdie wereld wil 'n slag onderwater staan, en ek weet ek steek nou my nek bietjie ver uit, maar op hierdie stadium sal ek die skade met ope arms ontvang wat met 'n vloed gepaard gaan. 'n Draad kan jy weer span, die vee kan weer vermeerder, die lande kan weergesaai word en die water sal weer afloop, MAAR as dit NIKS reen nie,...Kan jy NIKS maak nie, NIKS.
Ek wonder wie boer al jare in die land,die boerof die regering,ja gooi ma die boer weg met water en al en die remme is styf op.Dof dowwer,regering!.
Net jammer dat die sokker stadions nie ook weg gespoel het nie Of dat die suur afloop na die stadions toe kon gaan dan was die minster self al daar
Hallo meneer die regering , vergeet van die oorstromings hier by ons ,ons kan dit self hanteer ons doen dit in elk geval al vir 300 jaar ,maar reken net hoeveel eskom krag julle kon opwek met al die vloeiende water in die riviere en julle sit saam met daai groep naamlk snotkop en niks doen nie. So kry vir julle en as die water afgeloop het is dit klaar hoor!!!!
Is dit die selfde kundiges wat so doe seisoen voorspel het?
Mariette Liefferink is beslis nie kundige of 'n wetenskaplike nie - sy is bloot net 'n persoon wat emosionele kommentaar lewer.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)