Suid-Afrika se suikerproduksie is vanjaar geknou weens die reën wat tydens die riet se groeiseisoen in KwaZulu-Natal geval het, sê Tongaat-Hulett.
Luidens ‘n berig op Fin24.com verwag dié maatskappy laer plaaslike produksie ondanks die 2 000 ha ekstra suikerriet wat gelewer is.
Reënval in die streek tussen Januarie en Junie het op 252mm te staan gekom, terwyl die gemiddelde reënval vir ‘n jaar gewoonlik 491mm is.
Hoër buitelandse produksie
Die maatskappy se suikerproduksie vir die 2010/’11-seisoen in Zimbabwe gaan na verwagting tussen 330 000 ton en 350 000 ton wees, en in Mosambiek kan dit tot 250 000 ton wees.
Mnr. Peter Staude, hoof-uitvoerende beampte, sê weens die abnormale reënpatrone in Mosambiek en die herstelwerk aan die Hippo Valley-meule in Zimbabwe, sal suikerproduksie later as verwag begin.
Die maatskappy wil egter sy totale produksie van 950 000 ton gemaalde gewasse in die 2009/’10 seisoen tot 1,9-miljoen ton verhoog en terselfdertyd sy produksiekoste verlaag.
Bron: Fin24.com
29 Julie 2010
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)