Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Regering-gebruik-landboubeleid-stok

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 18:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:59%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Regering gebruik landboubeleid as stok

 
Deur ISABEL STOLTZ

Landboubeleid moet herdink word om as ’n wortel, pleks van ’n stok gebruik te word, het mnr. Ernst Janovsky, hoof van Absa AgriBesigheid, op ’n media-ontbyt in Johannesburg gesê.

Volgens hom vernietig beleid dit wat mense in die landbou wil bereik. “Omdat dit egter vir die Regering ’n politieke verleentheid sal wees om te erken hy is verkeerd, sal dit nie maklik verander nie,” het hy gesê.

Hy sê in Suid-Afrika is daar soveel onrus in die landbou-omgewing dat dit belegging in die wiele ry. “Boere belê eerder elders as in boerdery. Daar word verwag dat kommersiële boere se getalle tot 14 000 kan daal en volgens sommige voorspellings tot so laag as 7 000.

“As die Regering ’n omgewing skep waarin die landbou kan floreer, sal boere produseer.”

Samewerking
Janovsky sê die enigste manier om beleid te verander, is met samewerking. Die Regering ignoreer landbou-organisasies egter omdat hy meen hulle is anti-regering.

“In ’n mate het die georganiseerde landbou homself in dié hoek gekry waar die Regering nie na hom wil luister nie. Ons moet egter sorg dat ons die regte beleid het om die landbou optimaal te laat funksioneer, anders gaan ons dit nie maak nie,” sê hy.

Hindernisse, soos oorregulering, wat belegging skaad, moet uit die weg geruim word, markte moet geskep en uitgebou word en landbouvriendelike beleid vir toegang tot arbeid, water, grond en kapitaal moet ingestel word.

Die instandhouding van grense en rooilyn-gebiede is net so belangrik, so ook die goedkeuring van nuwe molekules en beter steun aan die veeartsenydiens.

1 November 2011

0
 
 
  • 689 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Butch van Blerk 
01 Nov 2011 15:26

Die beste oplossing vir Landbou bly nog altyd om uit een mond te praat en iemand soos Prof Karaan aan te stel om die praatwerk en "lobbying" te doen. As malema dit kan regkry, moet Landbou ook seker kan ? - anders leer by hom. Oom Mandela het destyds al gesê ons weet nie hoe om te protesteer nie.

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Kelders kou klippe
  • Katoenverbruik styg
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction