|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
Die Wes-Kaapse regering wil 'n sakeklimaat en omgewing skep wat groei, ontwikkeling en groter toegang tot die ekonomie sal meebring. In die landbou beteken dit 'n dubbele fokus vir die Regering, naamlik op die vestiging van volhoubare nuwe boere en die ondersteuning en aansporing van groei onder kommersiële boere, het mnr. Marthinus van Schalkwyk, premier van die Wes-Kaap op Goudini gesê.
Hy was die genooide spreker op Agri Wes-Kaap se kongres en het gesê hy sal sorg dat die landbou beslis 'n spreukbeurt kry as pres. Thabo Mbeki en me.Thoko Didiza, Minister van Landbou, die Wes-Kaap in Augustus besoek.
Een van die gebiede waardeur die landbou, volgens mnr. Van Schalkwyk, betekenisvol kan bydra tot verandering in die landelike gemeenskappe, is daadwerklike deelname aan die provinsiale regering se grondhervorming. Sedert 2001 is 29 000 ha oorgedra aan opkomende boere met sowat 4 000 begunstigdes. Die doelwit is om 3 000 begunstigdes teen 2006 te vestig.
Voorts sal 34 % van die totale landboubegroting vir 2003/04 bestee word aan ondersteuning vir die provinsie se opkomende boerderysektor.
"Die veiligheid en sekuriteit van boerderygemeenskappe is 'n belangrike saak en dit sal nie toegelaat word dat misdadigers die lewensaar van die ekonomie leegtap nie. Daarom word 6 000 nuwe polisiebeamptes teen einde volgende jaar in die provinsie toegevoeg -- meer as 1 000 van hulle in die Boland alleen."
8 Augustus 2003Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24