Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Regering-se-plan-nou

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 18:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:59%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Regering se plan nou?

 
JOHAN WILLEMSE

Die ANC het in sy verkiesingsmanifes 'n hele aantal beloftes gemaak oor armoedeverligting en werkskepping. Dit is deur die skeptici afgemaak as die gewone politieke praatjies en beloftes voor 'n verkiesing. Dit lyk of die ANC besef die oorwinningspartytjie ná 1994 se verkiesing is verby.

Pres. Thabo Mbeki het in sy staatsrede met die jongste opening van die Parlement sterk klem gelê op die feit dat die dae van verkiesingspraatjies verby is en dat hy van die Regering en sy instellings gaan verwag om taakgerig op te tree. Hy het ook 'n hele aantal meetbare ekonomiese en maatskaplike doelwitte gestel.

Sedert die staatsrede op 21 Mei is verskeie belangrike aksies en optrede deur 'n aantal ministers bekend gemaak, wat daarop dui dat waarskynlik al 'n ruk lank aan die aksieplanne gewerk word.

Die vraag is waar die landbou in dié proses staan en hoe die Regering se nuwe planne die landbou én die boer op die plaas gaan raak. Dit sal nogal interessant wees om te hoor wat die Minister van Landbou beoog wanneer haar spreekbeurt in die Parlement kom.

'n Hele aantal regeringsaksies word nou van stapel gestuur en dit kan die basis lê vir 'n paar jaar van ekonomiese groei. Ek is oortuig dit sal vir die landbou heelwat voordele inhou, regstreeks en onregstreeks. Armoede is een van die grootste probleme, veral in die platteland, en is oral die oorsprong van misdaad. Hiermee saam is arm mense ook nie juis kopers van landbouprodukte nie.

As die probleem van armoede en die land se verswakkende infrastruktuur reggeruk kan word, sal dit die boer op die plaas regstreeks bevoordeel. Dit is in almal se belang dat die Regering armoede daadwerklik verlig.

In die nuusmedia was daar heelwat berigte oor pres. Mbeki se besoeke aan verskillende gemeenskappe voor die verkiesing en die werklikhede waarmee hy gekonfronteer is (die goed wat die gewone mense in elk geval weet). Daarby is 'n verslag van die Verenigde Nasies onlangs bekend gemaak waarin aangetoon word dat Suid-Afrika nie juis gevorder het om sy mense op te hef nie en dat die land op hierdie gebied swak vergelyk met ander lande. Dit was beslis nie goeie feite en aangename leesstof vir die President nie.

Hopelik sal hy nou die sweep klap en sy amptenare aanspoor om hulle te bemoei met sake wat werklik 'n verskil sal maak.

Die verslag van die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram waarin die menslike ontwikkeling in Suid-Afrika geëvalueer word, is nogal krities oor die stadige vordering wat gemaak is en in sekere gevalle selfs agteruitgang wat plaasgevind het. Tabel 1 gee 'n opsomming van die vlak van armoede in die verskillende provinsies en van die aantal mense wat onder die bestaansminimum van R345 per maand per volwassene leef. Dit wys ook groot streekverskille en dat van die meeste arm mense in die platteland bly.

Die verslag toon dat armoede toegeneem het en dat die verdeling van inkomste toenemend skeef trek: Die rykes word ryker en die armes word armer.

In die verslag word genoem dat 42 % van die bevolking van Suid-Afrika werkloos is en dat dit redelik hoog is in vergelyking met ander ontwikkelende lande in die wêreld. Die feit dat 'n groot deel van die bevolking onder die bestaansminimum leef, beteken dat 'n groot deel van die bevolking afhanklik is van die staat se dienste en maatskaplike toelaes om te oorleef. Die verslag bereken dat slegs 30 % van die mense wat vir toelaes in aanmerking kom, dit wel kry. Dit beteken dat meer as 15 miljoen mense buite die net val.

Een van die kernaanbevelings in die verslag is dan ook dat die maatskaplike ondersteuningstelsel uitgebrei moet word en meer mense doeltreffend moet ondersteun. Verder moet aansienlik meer werkgeleenthede geskep word deur ekonomiese groei aan die gang te kry.

Dit spreek vanself dat die staat net só ver kan gaan om mense op te hef en basiese dienste te lewer en om sosiale toelaes te betaal. Werkskepping op 'n permanente grondslag deur die regte ekonomiese beleid en aanmoediging vir die private sektor, is die regte oplossing. In vergelyking met ander lande het Suid-Afrika hiermee ook nie 'n goeie rekord nie (tabel 2 wys dit).

Gemeet aan ander vergelykbare lande lyk Suid-Afrika se groei nie waffers nie, al sê die Regering die ekonomie groei nou al vir 'n lang ruk. Een van die probleme wat uitgewys word, is dat ons vlak van belegging heeltemal te laag is, wat een van die voorvereistes vir ekonomiese groei en werkskepping is.

Die President het in sy staatsrede 'n hele klomp sake aangeroer. Een van die oogmerke is dat daar teen September 'n aksieplan gaan wees waarvolgens beleggings in staatsondernemings gedoen gaan word en waar kommersialisering en privatisering verdere momentum gaan kry. Die koste om sake te doen, gaan verlaag word, veral vir klein en middelslag ondernemings (wat die landbou insluit). Hawegeriewe, Spoornet en ander vervoer-infrastruktuur sal met nuwe beleggings verbeter word. Aankondigings is ook reeds gedoen oor nuwe mededingers vir Telkom en Eskom.

Die instelling van 'n landboukredietskema van R1 miljard sal bydra om nuwe boere geslaag aan die gang te kry.

Altesame R14,2 miljard sal gebruik word om basiese skuiling aan mense te bied en die plan is om binne die volgende paar jaar skoon water en elektrisiteit aan almal in die land te verskaf. 'n Agentskap vir maatskaplike sekuriteit gaan geskep word wat sal omsien na die betaling van toelaes vir arm mense. Moet nie verbaas wees as voedselseëls en ander voedingskemas ingestel word en die skoolvoedingsprogramme uitgebrei word nie. Grafiek 1 wys dat die staat wel die vermoë het om die programme te finansier. Die begrotingstekort bly daal en is gesond as dit aan internasionale standaarde gemeet word.

Grafiek 2 wys dat voedselbesteding in reële terme groei, hoewel stadig.

Aan die ander kant daal die besteding aan kos as persentasie van die totale besteding in die ekonomie. Die waarheid is dat as 48,5 % van die bevolking met minder as die bestaansminimum oor die weg moet kom en 42 % van die bevolking werkloos is, die mark vir landbouprodukte ook omtrent soveel kleiner is. Boere kan slegs geld maak as hulle kan produseer en kos voorsien aan mense wat geld het om daarvoor te betaal.

Dit is na my mening in die landbou en elke boer se belang dat die Regering se aksieplanne moet slaag om werk te skep, die ekonomie te laat groei en mense minstens te lig tot die minimum bestaanspeil, met toegang tot water en krag. Dit gaan die verbruik van landbouprodukte prikkel.

Dink net, as die staat vir 'n miljoen ekstra mense werk skep en elkeen koop een kilogram vleis en een liter melk per week meer . . . Veral as die infrastruktuur opgeknap en misdaad doeltreffend bestry word, sal Suid-Afrika sterk op pad na onbetwiste groei wees.

11 Junie 2004

2
 
 
  • 1756 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • BSV - skryf nou in!
  • Mylpaal vir landbou.com
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction