Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Regering-steun-steeds-vrye-mark

Nuus

Boer dodelik siek aan hondsdolheid

Die boer van Underberg in KwaZulu-Natal wat hondsdolheid onder lede het, mnr. Graeme Anderson, veg al twee weke lank om sy lewe teen dié siekte.

  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
  • Mosambiek soek nog SA boere
  • ‘Waterstof’-trekker gewild by Nampo
  • Nampo-Oesdag bring reuse-inkomste
  • Kleinboere deur nuwe boek bemagtig
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:8 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:8 C
  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:23 C
  • Laag:7 C
Sonsopkoms: 7:34
Sonsondergang: 17:49

Kaapstad

Bygewerk:20 May 00:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:71%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Sal die Minister van Landbou haar opwagting maak by die land se grootse landbou-gebeurtenis, die Nampo-Oesdae?:

‘Regering steun steeds vrye mark’

 
Deur SUSAN BOTES

Die nasionalisering van plase is nié die amptelike standpunt van die Suid-Afrikaanse Regering nie en mnr. Julius Malema se uitsprake moet binne dié konteks gesien word.

Die Landboubesigheidskamer (LBK) het dié punt oorgedra in sy weeklikse nuusbrief.

Skokgolwe
Malema het tydens die ANC-jeugliga se onlangse kongres aangedring dat plase, banke en myne genasionaliseer moet word. Dié kommentaar het skokgolwe deur die sakewêreld gestuur.

Die LBK is ook besorg daaroor, maar sê Regering het hierdie week bevestig dat dit nie amptelike beleid is nie.

Private eienaarskap en eiendomsreg staan egter sentraal tot die die skep van waarde en voorspoed en moet deur die Regering aangemoedig word.

Vrye mark
Die LBK is gereeld in verbinding met die Regering en steun die uitbreiding van ’n vryemark-ekonomie vir Suid-Afrika en sy mense. Dié sisteem is die enigste wat mettertyd groei en ontwikkeling – veral werkskepping - teweeg sal bring, volgens die LBK.

’n Vrye mark het egter ’n sinvolle regulatoriese raamwerk nodig.

Die LBK meen alle transformasie en grondhervorming moet binne die Suid-Afrikaanse Grondwet en internasionale beginsels van onteiening plaasvind.

Die Regering sal sterk leierskap in dié saak moet toon indien hulle nie beleggersvertroue wil skaad nie.

23 Junie 2011
 

0
 
 
  • 1206 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Onbekende besoeker 
24 Jun 2011 09:20

Beeld
2011-06-22 23:35
Dankie, Julius, dat dit so lekker gaan word
deur Kosie van der Merwe, ANCJL-takvoorsitter: Orania, skryf:
Liewe Julius, baie geluk met jou herverkiesing as jeugliga-leier.
Ek is egter bekommerd oor jou uitlatings oor die land en sy ekonomie.
Ek het geen probleem daarmee dat jy al die banke wil nasionaliseer nie.
Jy sal onmiddellik beheer oor die meeste grond en eiendomme kry, want omtrent al die grond word deur middel van verbande deur die banke besit.
Dit sal egter interessant wees om te sien hoe jy die banke gaan finansier om die grond/eiendomme te ontwikkel en in stand te hou. Ek skuld meer as R1 miljoen op my verband en sal dit waardeer as jy dit sal oorneem.
Ek moet jou egter inlig dat ek dan net gaan aanhou plak in my huis en ook nie verder my munisipale rekening gaan betaal nie. Ek het ’n verlengingskoord wat ek direk aan die paal buite my huis gaan koppel vir krag.
Ek dink ook dis slim om die myne te nasionaliseer. Soos jou vriende met die ander myne gedoen het, kan jy veilings hou van al die infrastruktuur en toerusting totdat daar niks oor is nie – insluitend werkgeleenthede.
Werkloosheid sal net tydelik wees, aangesien almal gaan boer op die plase wat jy gaan uitdeel. Waarmee hulle gaan boer, maak nie saak nie, solank hulle net ’n lappie grond het. Zimbabwe sal gratis al sy landbouproduk aan ons in Suid Afrika verskaf, dus sal daar geen hongersnood wees nie.
Die kolonialiste moet ook leer dat ons Suid-Afrikaners lankal nie meer hoef witvoetjie te soek by tannie Liesbet van Engeland nie.
Nog ’n vraag: as jy alles nasionaliseer het, gaan daar nog belasting betaal word? Ek wil nie hê dat onse JZ en sy baie vroue, asook al die ander politieke leiers en hul afhanklikes, sonder geld, Mercedes-Benze en BMW’s, tenders, eiendomme en ondernemings sit nie.
Baie dankie vir jou leierskap, inisiatief, insig en vasberadenheid om Suid-Afrika vir ons almal ’n lekker en eenvoudige plek te maak sonder twak soos elektrisiteit, water, paaie, geboue en ’n selfonderhoudende ekonomie.

  • antwoord
Saaiboer 
23 Jun 2011 20:01

Sterk leierskap? Die regering het geen leierskap nie. Hulle het ook duidelik gesê hulle steun dit nie NOU nie, wat beteken hulle sal dit later steun.

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Boerepatente bobaas by Nampo

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • NAWEEK EN BLY IN DIE DORP!!!!!!!!!!!!!!!!
  • Sitrusakademie kry hupstoot
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction