|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
Dit is nie die Grondwet wat die Regering wil verander nie, maar die hoeveelheid grond wat eienaars besit.
Dit is die verduideliking wat mnr. Gugile Nkwinti, Minister vir Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, gegee het oor die voorstelle in die Groenskrif wat sy departement wil hê bespreek moet word.
Hierdie verduideliking is ‘n aanduiding dat die Regering sy benadering tot grondhervorming radikaal gaan verander, meen die landbougemeenskap.
In sy begrotingsdebat het Nkwinti dit uitgespel dat die huidige stelsel van grondbesit hersien moet word. ‘n Driebeen-stelsel sal in die Groenskrif van die Departement gelys word wat voorstel dat staatsgrond slegs onder huurbesit moet wees, daar beperkinge op die besit van private grond moet wees en dat buitelandse eienaarskap van grond verbind moet wees aan produktiwiteit en venootskappe met Suid-Afrikaners.
Hierdie stelsel sal gebaseer wees op die kategorisering van modelle rakende die behoefte van huishoudings, kleinboere en kommersiële boere.
Grond is nasionale bate
Nkwinti het weer eens benadruk dat grond ‘n nasionale bate is en dat die Regering nooit gesê het dat hy grond wil nasionaliseer nie. Dit is nie ANC-beleid nie en ook nie hul denkrigting nie. Hy het egter erken dat die beperkinge op grondbesit tog wel tot ‘n mate inbreuk sal maak op eiendomsreg.
“Ja Nee dit sal inbreuk maak op eiendomsregte.” Hy voel egter sterk daaroor dat die land moet begin praat oor hoeveel grond daar nodig is om sekere gewasse optimaal te produseer. Die grond wat nie benodig word vir die produksie nie, sal dan vir ander beskikbaar gestel moet word.
Dr. Theo de Jager, adjunkvoorsitter van AgriSA, meen beperkings op eienaarskap sal veral ‘n groot ongunstige impak uitoefen op dié 10% boere in die land wat 80% van die kos produseer.
Daar is in Suid-Amerika ook sulke modelle bespreek, het hy gesê. “Die grondkwessie word deur wantroue gedryf. Ons (boere) wantrou hulle (die Regering) omdat hulle ons goed wil vat en hulle (die Regering) ons, omdat hulle meen ons wil die grond net vir onsself hê”, het De Jager gesê.
25 Maart 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
@prokureur. Vrye mark ou maat, dit is al wat kan werk en die ekonomie stabiel hou. Sodra hul begin inmeng met ons menseregte deur ons in te perk oor grondbesit is dit nag. Dit gaan nie oor vertrou of nie vertrou nie. Dit gaan oor logika en nugter denke.
Aan almal. Ek stem vir die bou van universiteite en opleidingsentrums in plaas van sokker paviljoene. Ek stem vir 'n vrye mark in 'n vrye SA. Laat die beste man wen. Weg met regstellende aksie en die soort gemors. Opleiding, besigheidsbeplanning en sukses. Daar moet ook arbeiders wees, trouens hulle sal altyd daar wees, wit en swart.
As wensdenker en optimis hoop ek Suid Afrika kan bogenoemde bereik. As realis steun ek die volkstaatbeginsel.
Ek is 'n Prokureur...ek moet seker nog leer om meer geld te maak want ek kon tot op hede net 'n 200Ha bosveld plasie bekostig. Dit is nie lewensvatbaarheid op hede nie, maar ek werk hard daaraan!
Dis wat my in die môre laat opstaan, ek sal nooit ryk word daaruit nie..maar ek sal daaruit kan lewe na my huidige loopbaan!
Ek is wit en het arm groot geword....toe ek klein was, het ek die groot Ooms met hul plase so gekyk..hulle was baie windgat en belangrik...hoe groter hul plase en trekkers hoe groter was hul ego.
As EK so gedink het (wat in 'n konservatiewe huis grootgeword het) hoe moes swart kinders van my ouderdom gedink het wat nog minder as ek gehad het?
So mense... baie goeie argumente moet aangevoer word om die aantal hektare NIE te beperk nie. Natuurlik moet die lewensvatbaarheid in ag geneem word..
In Noordwes besit een persoon +/- 60,000HA bosveld tipe grond..vir wat???
Indien hy wou in 'n ander bate klas belê om sy portfolio te versprei, is dit selfsugtig verby!!
Ons wittes moet begin om die tripple bottom line te ondersteun, die Bestuurskole van die Universiteite predik dit dan so mooi!...ons bly in Afrika, ons is kapitaliste en ons is so lief vir die natuur!
Ek dink die groot probleem is ons vertrou ons Swart landgenote nie, hulle het dan al die res van Afrika opgeneuk..hoe kan ons dan hulle vertrou?
Ons vertrou ook nie die Amerikaners nie, hul eie belange speel altyd die enigste rol en maak oorlog op hulle eie termes!
Ons hou ook nie van die Engelse nie, hulle is baie naby die klomp Amerikaners met hul dinke en selfsugtigheid!
Ek meen ons moet begin om onself en die inwoners van Suid Afrika te vertrou!
Die mense verstaan nie waarheen die wereld oppad is nie. 20 jaar terug het my pa op 150ha lande 'n goeie bestaan gemaak, 15 jaar terug was 200ha nodig. Vandag sukkel 'n boer wat net 600ha plant op die Hoeveld. Ek voorsien dat daar binne 3 jaar minimum 1'000ha aangeplant moet word vir 'n saaiboerdery om ekonomies lewensvatbaar te wees.
Dit is nie boere se skuld nie, maar die koste-knyptang, ESKOM, en ons regering se absurde wette.
Gaan kyk na die grafieke wat by GraanSA beskikbaar is oor die hoeveelheid ton mielies wat nodig is om bv 'n (klein 60kW) trekker aan te koop. Daar is 'n definitiewe styging, baie **** as inflasie.
Die regering verstaan nog nie dat boere vir elke trekker, implement, bakkie, heining, stoor & dier op sy plaas moet BETAAL nie. Die betaling vir hierdie goedere moet iewers genereer word. Ons grond is ons hoof hulpbron wat bydra om hierdie goedere te betaal & dien as sekuriteit om produksielenings te bekom.
'n Trekker wat vandag R 1 miljoen kos, sal oor 5 jaar minstens R 1,8 miljoen kos, terwyl die reele graanpryse laer is as 5 jaar gelede. Indien 'n boer nie meer hektare aanplant nie, sal hy nie sy ou masjienerie kan vervang nie & mettertyd sal sy produksie daal & hy so diep in die moeilikheid verval dat hy sy grond verloor.
Hierdie tendens word wereldwyd gesien. Die skaal van ekonomie bepaal dat groot boere nog groter moet word & klein boere word nog kleiner totdat hulle verdwyn. Hou ook in gedagte dat dit gebeur ten spyte van die geweldige subsudies wat VSA en EU boere ontvang en waarvan SA boere maar net kan droom.
Deur 'n boer se grondbesit te beperk sal die regering SA se voedselproduksie beperk. Vir die deursnee Suid-Afrikaner is 'n vol maag belangriker as die kleur van die produsent wat verantwoordelik is vir die kos op sy bord. Dit sal die regering egter op die duur manier moet leer.
Nee wat mense, die Afrika virus is besig om Suid Afrika in te sluk. Ek is jammer om julle te moet meedeel dat dit die begin van die einde vir Suid Afrika sal wees. Na so 'n stap sal die land se ekonomie in duie stort, want eiendomsreg word dan nie meer beskerm nie. Gaan reis maar deur hierdie donker kontinent en gaan kyk wat vir ons voorle. Suid Afrika is per ongeluk deel van Afrika en word regeer deur mense van Afrika met Afrika denke. Dus kan ek geen rede sien hoekom Suid Afrika enigsins die Afrika elende en gemors gespaar sal bly nie. Solank die regering nie kapitalisme gaan verstaan nie en hul volgelinge nie gaan verstaan dat mens moet guts he en werk vir wat jy wil he nie is Suid AFrika gedoem. Mooi woordjies en truuks gaan nou eerlikwaar nie die gevolg van dom denke verander nie. Sterkte!
Ek verwys na "Realis wat nie mag boer". Ek is toevallig n naweek boer.My grond is tussen 'regte boere', en my grond se koopprys was dieselfde as die grond wat n 'regte' buurman by sy buurman gekoop het. Ek dink Realis sit die pot mis met sy teorie oor grondpryse. Dit gaan dood eenvoudig oor vraag en aanbod. Enige persoon mag seker grond koop as boerdery sy passie is, en hy dit saam met sy beroep produktief kan bedryf. Die belangrikste entiteit is die produktiwiteit van die plaas....en nie die eienaar nie!!! Want weet jy Realis..dis eintlik die probleem in Afrika.
As wildsplaaseienaar sluk ek ook droog oor sulke aanmerkings - maar - ons moet die realiteit aanvaar. Die meerderheid kiesers in hierdie land dink nie dit is 'n goeie idee dat soveel grond in so min mense se besit is nie. Ons kan of weerstand bied, baklei en tekere gaan - met die gevolg dat die meerderheid hulle in elk geval vervies en wette maak en verander soos hulle wil - of ons kan in sinvolle gesprekke tree. Dit moet mos vir 'n arm persoon aanstootlik wees om verby 'n wildsplaas te stap en moontlik te weet dat die eienaar nog plase besit. Die feit dat die eienaar dit wettig en met harde werk bekom het - is nie ter sprake as jy in 'n land soos SA is nie. Die meerderheid mense sal baie vinnig instem om die wildsplaas af te vat - ek dink ons hoef maar net Noord te kyk... As ek bv 3 plase besit, en daar kan ooreengekom word dat ek 15 jaar het om dit te verminder na 1 plaas - hopelik sal eiendomspryse minder geaffekteer word, politiese munt gaan daaruit bekom word, en kan mens ZIM vermy ? Ons moenie die emosie van grondbesit onderskat nie. Veral nie die van die wat nie grond besit nie.
Dit wil wel voorkom of daar verskuilde agendas in die ANC se grond hervormings skrif voorkom. Daar is wel tweespalk in die party self wat dit meer verdag laat voorkom. Maar ek wil ook ;n bietjie die kweperlat inl^e onder 'n paar naweek boere. Dit kom lank voor die ANC aan bewind gekom het; talle ryk dokters, prokureers, sakemanne,... het plase aangeskaf om belating te ontdyk, dan was daar 'n hele klomp ministers waarvan almal die name behoort te onthou wat plase+plase+plase aangekoop het met staatsgeld. Dit het talle jong mense ontneem (jong blankes) om grond aan te koop om self te boer (ek was een van hulle). Die naweek boere was die oorsaak en is nog steeds die oorsaak dat plase se pryse te hoog is vir nuwe toetreders tot die bedryf. En basta met hulle (OOK MAAR 'N REGTE KLOMP JM's) My simpatie l^e by die regte boere, nie by die naweek boere soos ek hulle noem nie.
Die grond wat nie benodig word vir die produksie nie, sal dan vir ander beskikbaar gestel moet word....om wat mee te maak?
Dis duidelik dat dit vir die man nie gaan oor produksie nie maar oor grondbesit in die swartman se hande.
Terwyl hy nou so baie weet van wat in die landbou aangaan. Wil hy nie maar in die tussentyd van die "grond wat nie benodig word" identifiseer sodat ek my beeste en skape die winter daarop kan loop nie.
Hy is al weer besig om verwagtinge te skep by die "grondhongeres" en ons speel so lekker saam met hom.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)