Agriwiki

Trekkerwerf

Hunter & Jagter

Farming SA

Regering wil SA boere in Afrika bystaan

 

Ooreenkomste vir die vestiging van Suid-Afrikaanse boere in Zambië, Suid-Soedan, Angola en die Demokratiese Republiek van die Kongo, word deur die Regering oorweeg.

Me. Tina Joemat-Petersson, Minister van Landou, Bosbou en Visserye, het bevestig dat die Regering besig is met sulke ooreenkomste.

Sy het by Agri SA se jaarkongres by Muldersdrift gesê Suid-Afrika wil nie sy kommersiële boere wegjaag nie, maar wil hê dat hulle hul boerderybelange na ander lande in Arika moet uitbrei.

“Ons gaan beslis 30% van die landbougrond binne die volgende vyf jaar aan swart boere oordra en daar gaan ’n tekort aan landbougrond ontstaan, daarom wil ons die geleentheid skep vir boere om hulle belange uit te brei.” Dit geld nie net wit boere nie, maar ook swart kommersiële boere.

Sy sê die Regering sal egter eers sorg dat daar behoorlike ooreenkomste tussen die lande bestaan.

Die kontrakte moet nie tussen departement of regerings wees nie, maar staatskontrakte wees wat die goedkeuring van internasionale howe geniet.

Haar departement werk saam met Agri SA om behoorlike stelsels gevestig te kry. Agri SA het by sy kongres ’n beleid oor die vestiging van boere in ander lande aanvaar.

9 Oktober 2009
 

3
 
 

Kommentaar

mkruger

Ek wonder nou net:

Gaan dit nie goedkoper wees om die swart boere wat wil grond he met geldelike bystand in Afrika te vestig nie ?

Om die 30% teiken te bereik gaan die land baie kos en wat is die verskil of ek nou in die RSA boer of in Angola ?

Die ANC se plan is tog om eendag Afrika te regeer. So of hy nou wit SA boere of swartes in Afrika vestig is mos om te ewe ?

Enigste verskil is dat die vestiging van swart boere in buurlande gaan die land nou minder kos.

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.