|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
Die Direkteur-generaal van die Department van Landbou, me. Bongiwe Njobe, gaan persoonlik ingryp in 'n poging om die ongelukkigheid oor landbounavorsing in Suid-Afrika te besweer.
Sy het op die kongres aangebied om persoonlik 'n vergadering van die Landbounavorsingsforum (Narf) te belê en as voorsitter op te tree sodat oor strategiese langtermynkwessies besin kan word. Sy doen dit in die lig van die fel kritiek teen die Landbounavorsingsraad (LNR) op die kongres en ook die ongewensde openbare debat oor die LNR wat in die media woed.
"Die Narf is veronderstel om die forum te wees waar ons konstruktief oor landbounavorsing moet besin. Dit was nooit bedoel as 'n forum waar slegs gal gebraak word teenoor oor die LNR, soos die afgelope jaar die geval was nie. Dalk kan die forum die plek wees waar ons vertroue en respek kan bou."
Sy het gesê kritiek na buite, pleks van konstruktiewe gesprekvoering, rig groot skade aan. Die slegte publisiteit en kritiek teen die LNR is tot nadeel van beleggings vir navorsing en het 'n ongunstige invloed op besluitnemers wat oor die verdeling van die land se begroting besin.
Me. Thoko Didiza, Minister van Landbou en Grondsake, het gesê sy stem saam dat kommunikasie tussen die senior bestuur van die LNR en sy werkers sowel as met die bedryf verbeter moet word. Die Narf is die forum waarin almal saam 'n landbounavorsingsagenda vir Suid-Afrika kan bepaal. Die raad van die LNR bly, kragtens die wet, die liggaam wat die LNR moet bestuur en besluit oor beleid en projekte.
Die erns om te verseker dat die LNR oorleef, word deur almal gedeel. Die kwessie moet nie só hanteer word dat dit die mededingendheid van landbou ondermyn nie.
Mnr. Izak van der Merwe, voorsitter van Agri SA se komitee vir tegnologie-ontwikkeling en -oordrag, het gesê daar moet kennis geneem word van die erns van die probleem en die feite oor die verval moet geëvalueer word. Die landbou wil graag met die LNR saamwerk, maar "Rome het klaar afgebrand".
Mnr. Anton Rabe van die Sagtevrugte-produsentetrust, het gesê die bedryf wil 'n vertouensverhouding met die LNR se top-bestuur opbou en deel van die oplossing wees pleks van net kritiseer.
24 Oktober 2003Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24