Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Regstelsel-swaar-strawwe-stuit-nie-plaasaanvallers

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 18:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:59%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Regstelsel, swaar strawwe stuit nie plaasaanvallers

 
Isabel Stoltz

"Die regstelsel en swaar strawwe skrik nie voornemende plaasaanvallers af nie. Plaasaanvalle neem steeds toe terwyl ander geweldmisdade stabiliseer," sê Agri SA by monde van sy voorsitter, mnr. Japie Grobler.


Agri SA bereken dat 6 844 plaasaanvalle sedert 1991 in Suid-Afrika voorgekom het waarin 1 236 mense vermoor is.


"Die meeste ernstige geweldmisdade in die land het die afgelope tyd begin stabiliseer. Dit bekommer 'n mens dat plaasaanvalle steeds toeneem, terwyl misdadigers wat by plaasaanvalle betrokke was en skuldig bevind is, in baie gevalle gemiddeld tot 25 jaar en langer gevangenisstraf gevonnis word. Dit lyk asof die kriminele regstelsel en die swaar strawwe nie voornemende misdadigers afskrik nie," sê mnr. Grobler.


Plaasaanvalle neem jaarliks toe en die aantal moorde tydens dié aanvalle is onaanvaarbaar hoog. Volgens Agri SA se inligting was daar 970 plaasaanvalle waartydens 140 moorde gepleeg is in 2001. Die aantal aanvalle tot April vanjaar word bereken op 360 waartydens 42 mense vermoor is.


Volgens SAPD-statistieke vir 2000 (die jongste beskikbare verwerkte syfers) was die meeste slagoffers van aanvalle wit mans in die ouderdomsgroep 60 tot 69, gevolg deur die ouderdomsgroep 70 tot 79, 50 tot 59, 30 tot 39, 40 tot 49, 20 tot 29 en 80 tot 89, terwyl 'n groot aantal slagoffers se ouderdom as onbekend aangegee is.


Altesame 284 wit mans, 158 wit vroue, 108 swart mans en 59 swart vroue was slagoffers van aanvalle. Daar was 100 gevalle van poging tot moord en 24 ernstige aanrandings, terwyl 24 verkragtings plaasgevind het. In dié jaar was daar 905 aanvalle en 142 moorde.


Die provinsies met die hoogste getal aanvalle en moorde in 2000 was Gauteng, KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Noordwes, terwyl dit in 2001 die hoogste was in Gauteng, Mpumalanga en Noordwes, met 'n beduidende daling in KwaZulu-Natal.


Intussen gaan tradisionele leiers en verskeie staatsdepartemente betrek word by 'n spitsberaad oor plaasaanvalle en -moorde in KwaZulu-Natal om die voorkoms van misdade in dié provinsie en oplossings daarvoor indringend te bespreek.


Net in die eerste ses maande vanjaar is reeds 10 moorde tydens 53 plaasaanvalle gepleeg - teenoor 13 moorde in 34 plaasaanvalle in die provinsie in 2001. Volgens mnr. Edsel Hohls, voorsitter van die veiligheidskomitee van die KwaZulu-Natalse Landbou-unie (Kwanalu), het misdaad op plase veral drasties toegeneem ná sigbare polisiëring soos patrolliewerk en padversperrings opgehef is. Die sigbare polisiëringsdienste is ingestel ná die uitbreking van bek-en-klou-seer in die provinsie.


Met die beraad sal veral gepoog word om die steun en samewerking van tradisionale leiers te verseker.


Op 'n vergadering verlede Maandag tussen Kwanalu en die LUR vir veiligheid en sekuriteit, mnr. Nyanga Ngubane, is 'n komitee op die been gebring wat binnekort vergader om die reëlings en program vir die beraad op te stel. Alle kommersiële en kleinskaal boere, asook die departemente van landbou, jusitisie, veiligheid en sekuriteit, tradisionele sake en die SAPD sal by die beraad betrek word.


Volgens mnr. Hohls sal drastiese oplossings gekry moet word. Veediefstal in dié provinsie kos boere jaarliks R120 miljoen en diefstal van mielies, suikerriet, kunsmis en besproeiingstoerusting beloop sowat R165 miljoen per jaar, terwyl boere meer as R60 miljoen per jaar aan veiligheidsmaatskappye betaal om hul plase te patrolleer. Dit sluit nie die koste van persoonlike beveiligingsmaatreëls en -toestelle in nie.


Hy sê oorgrens-veediefstal het met 200 % toegeneem sedert die weermag onttrek is en boere se weiding word toenemend aan die brand gesteek. Misdaad kos die staat jaarliks sowat R100 miljoen aan inkomstebelasting.

12 Julie 2002
0
 
 
  • 1521 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Loop lig vir di
  • Land Bank: Staat wil geknelde boere help
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction