|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 19:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 77% |
| Wind: |
Die Nampo-Oesdag 2010 was die grootste in 44 jaar, met ‘n rekordgetal uitstallers en besoekers wat die Oesdag besoek het, sê Graan SA.
Luidens ‘n verklaring is dié organisasie baie tevrede met die sowat 68 900 besoekers wat die Oesdag oor vier dae besoek het. Die vorige rekord was sowat 68 800 besoekers in 2005. Meer as 650 uitstallers het aan die Oesdag deelgeneem.
“Op ‘n tydstip waar hoë graanvoorrade en lae kommoditeitspryse ‘n realiteit is, is ons opgewonde daaroor dat die Oesdag vir produsente ‘n platform skep vir inligting, advies en oplossings. Dit is meer as ‘n uitstappie saam met die gesin: Dit is ‘n sakebesoek wat groot waarde het,” sê mnr. Jub Jubelius, voorsitter van die Nampo-Oesdag.
Terugvoer van uitstallers
Volgens Graan SA is baie gunstige terugvoer van uitstallers ontvang oor die hoeveelheid navrae deur besoekers.
Die Oesdag het ook baie internasionale belangstelling geniet, met meer as 40 uitstallers van Amerika, Argentinië en Australië wat deelgeneem het.
Volgende jaar se Nampo Oesdag vind van 17 tot 20 Mei plaas.
31 Mei 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)