Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Rekordprys-vir-bul

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 19:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:77%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Rekordprys vir bul

 

Die hoogste prys van R180 000 ('n allemintige Suid-Afrikaanse rekord) is op die twaalfde produksieveiling van Arcadia-Bonsmaras van Arthur de Villiers en Seun vir die beproefde bul AG98-338 betaal.


Die koper is mnr. Hennie Bezuidenhoudt van Benchmark-Bonsmaras, naby Excelsior.


Mnr. Hendrik Steyn, besturende direkteur van Benchmark, sê hulle het dié bul van 6 jaar oud om verskeie redes gekoop. Hy het uitstekende teelwaardes en kom uit 'n besonder goeie moederlyn. Sy ma is op twaalf jaar steeds 'n produktiewe koei in die Arcadia-stoetery. Die bul is voorts funksioneel doeltreffend gevorm, veral met besonderse bespiering en sy kalwers openbaar sy sterk erfdwang.

Steyn sê hulle gaan 338 heelwat in hul kudde gebruik, maar sy semen sal ook aan ander telers beskikbaar gestel word. Semen van dié bul is al op Benchmark-koeie gebruik en sy eerste kalwers in dié kudde behoort in November gebore te word.


Vroulike diere dragtig met sy semen gaan op 22 September op Benchmark se produksieveiling te koop aangebied word, sê Steyn.


Die naashoogste prys op Arcadia se produksieveiling was R100 000 en is betaal vir 'n seun van AG98-338 deur mnr. Paul Maree van Viljoenskroon. Mnr. Edward Hansen van Okahandja, Namibië, het die derde hoogste prys van R82 000 betaal.

Die aanbod van 60 bulle is vir 'n gemiddelde prys van ongeveer R32 000 stuk verkoop. Die kopers wat die meeste (sewe) bulle gekoop het, is mnre. Jerrie en Johan van Rooyen van Grootvlei. Altesame 51 van die bulle (85 %) is verkoop aan vorige klante van Arcadia-Bonsmaras.


Die vroulike diere is almal verkoop met die gemiddelde prys van stoetkoeie en verse R7 500 stuk, en dié van kommersiële koeie en verse R6 000 stuk.


Die duurste groep verse is verkoop vir R10 000 stuk. Die grootste koper van vroulike diere was mnr. Gerhard Erasmus van Derby. Die afslaer was mnr. Mike Killassy.

7 Mei 2004

0
 
 
  • 2141 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • SABMiller groei in Angola
  • Unieke wynindeks geloods
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction