|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 19:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 77% |
| Wind: |
Tronkstraf van 25 jaar elk is drie renosterstropers se voorland nadat hulle vasgetrek is met afgekapte renosterhorings in hul besit.
Aselmo Baloyi, Jawaki Nkuna en Ismael Baloyi is in die streekhof op Phalaborwa gevonnis oor ’n voorval van onwettige renosterjag wat in 2010 in die Krugerwildtuin plaasgevind het.
Hulle is skuldig bevind op klagte van onwettige renosterjag, die besit van ’n semi-outomatiese aanvalsgeweer, ’n jaggeweer en ammunisie.
Mnr. David Mabunda, besturende direkteur van Sanparke, sê daar is verlede jaar altesame 232 vermeende stropers in hegtenis geneem.
Bron: Beeld
1 Februarie 2012
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Dit is die beste nuus wat ek nog gehoor het. Hopelik sal hulle die boodskap oordra aan die wat nog dink hulle kan voortgaan met hulle moord en slagting op ons diere
Jippieeee!!!!! Hulle moes lewenslank in die tronk gesit het!!!
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)