Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Renostervrekte-tragies

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 19:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:77%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Renostervrekte tragies

 
Deur ALANI JANEKE

Dit is tragies dat ’n renoster gevrek het in ’n teenstropingeksperiment om die spesie te probeer red, sê die Vereniging vir Private Renostereienaars (PROA).

Luidens ’n berig op Nuus24.com het die Renoster-reddingsprojek Donderdag (9 Februarie 2012), aangekondig dat ’n renoster in ’n demonstrasie van ’n teenstropingsbehandeling gevrek het.

Spencer, die renoster, is dood nadat veeartse ’n middel toegedien het om hom by te bring ná ’n mikroskyfie en opsporingtoestel in sy horing geplant is.

Me. Lorinda Hern, woordvoerder, sê: “Hy het baie goed gereageer op die behandeling en die prosedure is 100% veilig, maar daar is altyd reuse-risiko’s wanneer so ’n groot dier verdoof word.”

Die eksperiment het onder narkose plaasgevind. Die dier het vermoedelik ’n hartprobleem gehad, en die teenmiddel wat vir die narkose gebruik is, het moontlik tot hartversaking gelei.

Hartseer

Hern sê hulle is ontsteld oor Spencer se dood, en dat stropers ’n moeilike situasie vir die behoud van dié spesie veroorsaak. Die meeste teenstropingsbehandeling vereis narkose, en dít hou risiko’s vir die dier in.

Intussen sê mnr. Pelham Jones, voorsitter van die PROA, dit is jammer dat stropers ’n situasie in die land veroorsaak waar mense na talle onkonvensionele maniere moet soek om renosters se voortbestaan te probeer verseker. Hy sê dit is moeilik om te weet hoe ’n dier op narkose of enige ander verdowingsmiddel gaan reageer. “Selfs as hy met ’n kalmeermiddel ingespuit is, kon hy gevrek het.

“Dit is ’n groot tragedie dat mense so ver moet gaan om te probeer om ’n spesie te beskerm,” sê Jones. Me. Selomie Maritz, ’n renostereienaar van Limpopo, stem saam dat die voorval hartseer is: “Ons kan nie diere se lewe in gevaar stel omdat daar ’n 100 mediakameras is wat iets wil afneem nie.”

Bron: Nuus24.com

10 Februarie 2012

0
 
 
  • 455 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Silwer randjie 
10 Feb 2012 10:18

Wel, as mens mooi aan dit dink is dit een renoster minder wat gestroop kan word...

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Visvoorraad kwyn
  • Twee Limousin-kopers kry goue ringe
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction