|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 19:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 77% |
| Wind: |
Resessietoestande kan dalk nog tot in 2015 of 2016 voortduur, sê mnr. Mike Schüssler, bekende ekonoom en ekonomiese konsultant vir T-sec.
Suid-Afrikaanse en ander verbruikers gaan heelwat meer prysbewus word, terwyl die rentekoers laag sal bly om die ekonomie aan die gang te hou.
Schüssler het op ’n bemarkingsimposium by Witrivier gesê die Chinese is steeds armer as Suid-Afrikaners, maar oor twee jaar behoort die bordjies verhang te word.
Die groeikoers in China is tans 5%. ’n Koers van 7,6% word volgende jaar verwag. Schüssler verwag ’n groeikoers van 2,3% tot 3% in Suid-Afrika oor die volgende twee tot drie jaar.
In Ghana is die groeikoers 13% en die Wêreldbank voorsien dat dit volgende jaar tot ’n allemintige 17% kan styg.
2 November 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Tyd dat Mike hier kom kuier.... Die resessie in die VSA is nog nie eers op hoogtepunt nie, so hoe verklaar hy dat dit beter sal wees oor 3-4 jaar. Die kunsmatige hart tot hart behandeling wat die reserwe bank hier toepas kan nie volhou word nie... Europa goeie voorbeeld van wat gebeur as die wat belasting betaal te min word vir al die welsyn programme wat Sosialistiese regerings probeer bedryf.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)