|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 19:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 77% |
| Wind: |
Ten spyte van die resessie wat Afgri se omset met 9,6% tot R3,866 miljoen (2008: R4,274 miljoen) laat verlaag het, het die maatskappy ‘n tussentydse dividend van 24 sent per aandeel verklaar.
Die grootste genoteerde landboumaatskappy het vanoggend (Woensdag) sy finansiële resultate vir die halfjaar geëindig op 31 Desember 2009 in Sandton bekend gemaak.
Mnr. Chris Venter, uitvoerende hoof van Afgri, sê die maatskappy se graanbergingsbesigheid en diereproteïene afdeling, wat uit veevoer en die Daybreak-pluimveebesigheid bestaan, het vanjaar beter resultate getoon.
Die maatskappy se wesensverdienste per aandeel het met 22,6% tot 48 sent per aandeel verhoog. Sy skuldboek is met R1,2 miljard gedelg en sy kontantvloeiposisie het met R317 miljoen verstewig.
Afgri se finansiële dienste afdeling is egter nadelig deur die wêreldwye kredietkrisis beïnvloed. Dit het gevolglik ‘n groot verlies gely.
“Die afdeling se blootstelling aan die kredietkrisis het daartoe gelei dat die besigheidsfilosofie verander is. Die maatskappy sal voortaan sy skuldboek nader aan sy waardeketting (die graanketting) bring,” sê Venter.
Die afdeling se wins is 74,1% laer as in die vorige vergelykbare periode.
Venter meen egter dat Afgri se skuldboek is steeds uitstekend is. Slegs 0,3% van alle slegte skuld word afgeskryf.
Afgri se landboudienste afdeling het ‘n 24,2% styging in voorbelaste wins gehad. Die omset het met 7,1% gestyg en is verantwoordelik vir 53% van die groep se totale omset.
Die maatskappy is van plan om verder te besnoei aan besighede wat nie deel is van sy fokus area (die graan waardeketting) is nie. “ ’n Hoogtepunt is die feit dat daar geen verlies gely is met die verkoop van enige afdelings wat verkoop is nie.”
24 Februarie 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)