|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 19:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 77% |
| Wind: |
Die restitusieproses is waarskynlik een van die grootste mensgemaakte rampe wat Suid-Afrika sedert die Anglo-Boereoorlog getref het, meen dr. Theo de Jager, adjunk-voorsitter van Agri SA.
De Jager was ‘n spreker by die 22ste herdenking van oud.pres. FW de Klerk se toespraak wat die weg gebaan het vir Suid-Afrika se grondwetlike transformasie.
Op altesaam 13 000 plase wat in die Staatskoerant geadverteer is, is grondeise, sê hy. Wanneer plase ge-“gazette” word, wil boere nie verder geld daarin belê nie. Dit is bekend dat 30% van die grond wat die Regering vir restitusie aangekoop het, weer terug aan wit boere verkoop is.
Die Regering wil nie markwaarde vir die grond betaal nie, het De Jager gesê. Die Grondwet verseker vergoeding, nie markwaarde nie. Hy het gesê sedert Augustus 2007 betaal die Regering slegs 60% van markwaarde vir die plase wat hy vir restitusie bekom. De Jager meen die Regering se aankope van grond en die verhuring daarvan aan swart boere is 'n sagte vorm van nasionalisering.
Twee soorte boere in RSA
Hy voorspel dat die land in die nabye toekoms twee soorte boere sal hê: Grootskaalse wit boere aan die een kant en swart boere wat grond van die Regering huur. Intussen het Agri SA begin om 'n plan saam te stel om te keer dat die land nie dieselfde pad as Zimbabwe loop nie. Die georganiseerde landbou kan dien as die agente vir die implementering van beide grondhervorming en landelike ontwikkeling.
Hy stel voor dat die Staat grond by 'n gewillige koper teen 65% van die markwaarde koop, en dit dan vir 35 jaar aan die boer verhuur teen 1% van die markwaarde met die verwante inflasie per jaar.
"Ons vra onsself wat kan ons anders as Zimbabwe doen terwyl ons die geleentheid het? Ons het twee opsies. Ons kan konfronterend wees en samewerking weerhou, verder polariseer, die Staat ondermyn en inisiatiewe soos restitusie of die verdeling van grond verswak, óf die roete van konstruktiewe samesprekings en beter samewerking volg."
Mnr. Moeletsi Mbeki, politieke ontleder en ekonoom, het De Jager aangepor om eerder die konfrontasie-roete te volg en om die hulp van vakverbonde soos Cosatu in te roep. Hy het ook uitgewys dat die plaaswerker die boer se bondgenoot in dié stryd is, want hy word ook geraak wanneer die boer nie meer werk aan hom kan verskaf nie.
3 Februarie 2012
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
KAN ONS BIETJIE MEER FEITE KRY OOR HOEVEEL HA GROND DAAR GRONDEISE OP GERIGESTREER IS EN WATTER %DIT UITMAAK, SAAM MET DIE GROND WAT REEDS AAN DIE STAAT EN SWARTBOERE BEHOORT. IS DIT NIE AL KLAAR 30% NIE. HOEVEEL HA VAN DIE GROND MET EISE OP IS REEDS GEKOOP? MY SIENING IS DAT AS DAAR 'N WETTIGE GRONDEIS OP JOU GROND IS, HET JY NIE 'N ANDER KEUSE AS OM AAN DIE STAAT TE VERKOOP NIE.
OP DIE OOMBLIK WORD DAAR MET 'N HAELGEWEER GESKIET OM TE KYK WAAR EMIGREER NOG 'N BOER WAT NIE MEER KANS SIEN VIR DIE HAHIENAS WAT NET WIL VREET NIE. HOEKOM IS MY GROND, WAAR DAAR GEEN GRONDEIS OP IS NIE, DEEL VAN DIE GESPREK? WAT VERSKIL MY SITUASIE VAN ENIGE ANDER SAKEMAN WAT 'N BESIGHEID BESIT? EK VOEL DALK MOET ALMAL IN SA MAAR 'N "SONDEBELASTING" BETAAL (BV. 5% VAN TOTALE BATEWAARDE) EN DAN HOOR ONS NIE WEER IETS OOR GRONDEISE NIE. VAT DIE GELD EN KOOP GROND OF BESIGHEDE EN DEEL DIT UIT. DAN KAN ALMAL IN SA IN RUS EN VREDE BOER
Mense hierdie is ook maar net 'n manier van stemwerwing. Ek het nie 'n probleem dat 'n man wat in murg en been 'n boer is grond het en daarop boer nie. Ek sal hom help waar ek kan. Maar om vir almal wat grondhonger is grond te gee is 'n ander saak. Ek het 3 seuns wat ook wil boer, maar hul Pa het te min grond sodat almal saam met hom kan boer. Daarom boer 2 van hulle vir medeboer. Hoekom kan hulle dan nie ook net ingestop word nie. Dit gaan nie om voedselsekuriteit soos wat gepropageer word nie. Dit gaan oor stemwerwing. Onthou die kultuur van die mense is nie om vooruit te beplan nie. As daar nie meer meel in die sak oor is nie kom sê hulle "die phofo hy is klaar."
Dit is darem maar jammer dat Agri-SA nog steeds saamwerk aan hierdie proses deur hul volle steun aan die ANC-regering te gee. Hulle werk dus aan hul eie agrariërs se ondergang mee.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)