Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Restitusiedokumente-guguletu-gevind

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 19:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:77%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Restitusiedokumente in Guguletu gevind

 
Deur JOYLENE VAN WYK

Afskrifte van die Wes-Kaapse restitusieleêrs is op ’n straathoek in Guguletu, Kaapstad gevind.

Dit het die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming genoop om die spesiale ondersoekeenheid (SOE) van mnr. Willie Hofmeyr in te roep. Die Wes-Kaap het die meeste geldelike restitusie-eise in die land.

Mnr. Michael Worsnip, die nuwe hoofdirekteur vir restitusie-ondersteuning in die Wes-Kaap , het gesê ’n lid van die publiek het Saterdag (10 September) die Wes-Kaapse grondeisekantoor ingelig dat afskrifte van die dokumente op die hoek van NY 52/50 in Guguletu is.

Afskrifte
Amptenare van die departement het die dokumente gaan haal, waarna gevind is dat dit nie die oorspronklike dokumente is nie, maar afskrifte. Worsnip het ’n klag van diefstal by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aanhangig gemaak. Dokumente mag nie die restitusiekantoor verlaat sonder sy toestemming nie.

“Die motief vir die kopiëring, verwydering en weggooi van die leêrs is nog onbekend.” Hy het egter bygevoeg dat dit moontlik ’n diensverskaffer was, of ’n beampte van die departement wat dit daar weggegooi het.

Dit bly egter ’n ernstige sekerheidsbreuk, het hy gesê. Die meeste van die leêrs is van eise wat reeds afgehandel is.

Mnr. Bethuel Sadiki, sekerheidsbestuurder by die departement, het aangedui dat sekerheidsmaatreëls sedert Maart vanjaar by die Wes-Kaapse kantore verskerp is. Altesaam R5,5 miljoen word jaarliks aan die dienste bestee. “Dit is onbekend
of die leêrs voor of na Maart uit die gebou verwyder is.”

Teen 2013 afgehandel?
Mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, het vroeër vanjaar in sy begrotingsrede aangedui dat restitusie-eise waar geldelike vergoeding verkies word, asook dié wat op staatsgrond is, in die 2012-’13 boekjaar afgehandel moet word.

Mnr. Mdu Shabane, direkteur-generaal van die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, het gesê ’n sekerheidsbreuk kan daartoe lei dat die eise nie betyds afgehandel kan word nie. “Maatreëls is nou gereed om te verseker dat die finalisering van die eise nie gekompromitteer word nie.”

Die departement se interne ouditeenheid, sy sekerheidsbestuurseenheid en die SOE sal in detail ondersoek doen na die voorval om te verseker dat die eisproses sonder enige bedrog kan voortgaan.

Lees ook: Gedagtes oor grondhervorming.

15 September 2011

3.166665
 
 
  • 1090 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • TLU SA Noord herorganiseer
  • Rand se daling goeie agri-nuus
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction