|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 19:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 77% |
| Wind: |
Suid-Afrikaanse ondernemers in die graanbedryf het nie net binnelands 'n rol te speel in die voedselketting nie, maar ook internasionaal, veral in Afrika. In dié proses moet risikobestuur egter deur alle betrokkenes ernstig onder die loep geneem en wetenskaplik toegepas word om die boer op sy plaas te hou en die res van die ketting doeltreffend te laat funksioneer.
Dit was die breë boodskap op die 21ste jaarvergadering van die Graanhanteringsorganisasie van Suider-Afrika (Gosa), by Modimolle (Nylstroom) in Limpopo.
Me. Annatjie Loio, voorsitter van Gosa en direkteur van Unitrade 826, het gesê Gosa-lede sal weer die uitdaging moet aanvaar en risiko's trotseer om vanjaar van 10 miljoen ton tot 16 miljoen ton graan op te berg, te berook, te laai, te vervoer, te verwerk en te verpak om aan 45 miljoen mense kos te voorsien.
Mnr. Jerry van Vuuren, hoofbestuurder van die Droëboneprodusente-organisasie, het gesê risikobestuur in die graanbedryf is verpligtend as betrokkenes geleenthede wil benut en bedreigings in enige vorm die hoof wil bied.
Risikobestuur by graansilo's moet deel van 'n onderneming se strategiese doelwitte wees en deur beplanning tot op die laagste vlak doeltreffend uitgevoer word, het mnr. Cobus du Plessis, senior bestuurder van WPK se graanafdeling, gesê.
16 April 2004Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24