Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Roof-glo-rede-vir-plaasaanvalle

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 19:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:77%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Roof glo rede vir plaasaanvalle

 
Deur ALANI JANEKE

Roof is in 90% van die gevalle die motief agter plaasaanvalle, en in 2% van die gevalle is dit polities of rassisties gemotiveerd, sê die Instituut vir Rasseverhoudinge.

Luidens ’n berig op Nuus24.com sê mnr. Kerwin Lebone, ’n navorser: “In 7% van die gevalle hou dit verband met loongeskille.”

Lebone sê dié statistiek is verkry in ’n studie wat onder meer polisiedossiere van plaasaanvalle van 1991 tot 2003 bestudeer het. “Meer onlangse studies het min of meer dieselfde resultate opgelewer, maar baie mense glo steeds plaasaanvalle is ras- of polities gemotiveerd.”

In die jongste plaasaanval is die 49-jarige mnr. David Hall van Potchefstroom Maandagoggend (20 Februarie 2012) tussen sy melkstal en plaashuis doodgeskiet toe vyf mans hom en sy vrou aangeval het.

Niks is tydens die voorval uit die huis gesteel nie. Die verdagtes het die egpaar se voertuig gesteel om daarin te vlug, maar dit is later die dag in Fochville gevind.

Motief
Volgens die berig sê Hall se broer, Peter, hulle meen die uitsluitlike doel van dié aanval was om Hall te vermoor. “Ons meen hulle is aangevuur deur uitlatings deur mense soos Julius Malema (die ANC-jeugleier). Hulle wil boere van plase verjaag om (eindelik) hul grond te vat.”

Mnr. Boeta du Toit, uitvoerende hoof van Agri Noordwes, sê geen bewyse bestaan dat plaasaanvalle polities gemotiveerd of georkestreerde volksmoord is nie.

“Die motief is meestal misdaadgerig, maar onverantwoordelike politieke uitlatings en vakbonde se beskuldigings van rassisme skep ’n klimaat van wreedheid. Dit eskaleer tot verkragtings en moord. Wraakgevoelens kan ook ’n rol speel.”

Bron: Nuus24.com

22 Februarie 2012

2
 
 
  • 741 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Onbekende besoeker 
23 Feb 2012 10:13

Die regering pas net omgekeerde rassisme, diskriminasie en wakker haat aan. Die Instituut vir Rasseverhoudinge is waarskynlik 'n regeringsinstansie, natuurlik sal hulle soos die regering praat.

Wie gaan dit glo dat die persone daar was om kabels te steel? Dit was 'n wakker boer wat hulle onkant gevang het. Toe kom maak hulle nou of hulle kabels steel of koper. Die boer moet 'n medalje kry en elke boer moet nou met sy vuurwapen langs hom werk.

Wys vir my een plek waar boere vermoor is wat baie huisraad of iets anders gesteel is. Alles was beplande moorde. Ja 'n kar is gesteel, om daarmee te vlug en almal se selfone lê in jou huis iewers, hierdie mense gaan om te moor, nie om te steel nie.

Kyk hoe martel hulle soos hierbo genoem, plus die spesifieke style van wat dit plaasvind. Die ANC en DA is dit eens dat dit misdaad is, dis twak. Hulle teiken die boere, wat netso geregtig is op SAP behandeling en reaksie. Inteendeel doel hulle baie vir hierdie land , wie sorg dat ons rakke vol bly, of dink die regering en hulle onderdane kos, melk, suiker, mieliemeel, brood spring op 'n rak vanself?

Eienaardig, Hoekom tree die SAP so vinnig op in ander moorde, maar nie in plaasmoorde sin nie. Neem waar wat aangaan , lees die artikels, dan sal julle opmerk, dat sommige van hierdie etniese moorde, binne 'n maand is daardie persoon ge-arresteer en op die hofrol. Sommige ook in tronke gegooi. Dis uit en uit diskriminasie teen plaasboere, want hoeveel plaasboere se moordenaars is al gevang? Hoekom neem ander moorde se afhandeling in die hof so lank? Kyk hoe lank neem polisie om te reageer na plase?

Alle moordstatistieke word in een mandjie geplaas, saam met al ons onwettige immigrante, dan word die regte steel/misdaad moorde saam die boere sin gegooi, hoekom, gerieflik? As iemand dood is, mag ons nie sê dis 'n boer, dis 'n ander etniese ras nie. So as iemand dood is, is dit 'n immigrant of 'n Suid-Afrikaner?

Ons mag mos nie diskrimineer net wie dood is nie of gebore of siekes. Maar kom dit by sensus, dan moet jy jou ras verklaar. Gerieflik vir die staat. Dis wat aan die buiteland en interne aan almal verkoop word

  • antwoord
Butch van Blerk 
22 Feb 2012 14:34

Die navorser onderskei nie tussen plaasmoorde en plaasaanvalle nie. Waarvan praat hy eintlik? As hy se: "Roof is in 90% van die gevalle die motief agter plaasaanvalle". Wat is dan die motief agter plaasmoorde ? As laasgenoemde "roof" is, hoekom lei almal tot die dood, dus moord? Ek sou ook van Mnr du Toit wou weet waarop hy sy stelling baseer. Dis nie onbekend dat daar nie naastenby voldoende intelligensiedienste bestaan om sulke afleidings te maak nie. Of is dit gebaseer op die inhoud van SAPD dossiere?

  • antwoord
Onbekende besoeker 
22 Feb 2012 13:05

En wie beheer die "Instituut vir rasseverhoudings"? Die staat natuurlik, ek glo min wat hulle se, net soos die "crime stats"! My kennis van rasse in SA se 99% van plaasmoorde is polities gemotiveerd, finish en klaar!

  • antwoord
Kevin Hills 
22 Feb 2012 12:05

as ek in die lokasie invaar en net dood maak wonder ek ook wat sal hulle die motief noem roof is om iets te steel of te neem onder afpersing ens so moord het niks met roof uit te waai nie maar hulle kan met woorde speel soos hulle wil plaas aanvalle is hoofsaaklik moord [volksmoord]Blankes word geteiken en dit kan nie reg gepraat of geredeneer word nie punt

  • antwoord
Werner Lehmann 
22 Feb 2012 11:42

Eerstens wonder ek of dit 'n goeie idee is om jou regte naam en van hier in te sit, want as jy dalk kommentaar lewer wat nie na die wense is van die wat betrokke is met die berig nie, mag jy dalk op een of ander manier gemerk en vervolg word.

Ek glo nie een oomblik die syfers wat hierbo genoem word nie. Van die vyf plaasaanvalle van my familie en vriende wat beplan en/of uitgevoer is, was al vyf polities gemotiveerd gewees.

As daar roof by 'n plaasaanval betrokke was, is dit maar net 'n 'bonus' vir die aanvaller gewees. Die lone verkille verskoning... ek weet nie. Dit klink maar weereens soos 'n verskoning vir die werklike toedoen van sake.

Hulle wil die Boere uitroei, nie net om die plase te kan bekom nie, maar vir vele ander redes.

  • antwoord
Flip Delport 
22 Feb 2012 10:22

Ek en my vrou het 'n plaasaanval oorleef. Die aanvallers het niks uit die huis verwyder nie en net my kar gesteel om mee weg te kom. Dit is 'n paar uur later teruggevind. Hulle het dit duidelik gestel dat hulle gekom het om ons dood te maak. 'n Saak van poging tot moord is aanhangig gemaak. Vyf weke later wou die polisie vingerafdrukke kom neem. Nou, na vyftien maande is nog niks aan die saak gedoen nie. Ek het 'n goeie verhouding met my werkers en almal werk nog steeds vir my. Roof was nie 'n motief nie. Waarom dan?

Flip Delport van Rustenburg.

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • China soek baie grond in Argentinië
  • Oogsiektes
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction