|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 19:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 77% |
| Wind: |
Royal Bafokeng het sy aandeelhouding van 17% in Senwes verkoop.
In ‘n nuusverklaring sê mnr. Francois Strydom, besturende direkteur van Senwes, dat die Royal Bafokeng Agri Investments (Edms) Bpk ‘n ooreenkoms aangegaan het met Senwesbel Bpk om die 17% van sy aandeelhouding in Senwes te verkoop.
Royal Bafokeng Agri Investments het dié aandeelhouding vyf jaar gelede verkry het as deel van 'n swart bemagtigingskonsortium. Royal Bafokeng Agri Investments (Edms) Bpk is ʼn volfiliaal van Royal Bafokeng Holdings (Edms.)
Strydom sê die aandele word gekoop teen huidige markwaarde en indien die transaksie suksesvol geïmplementeer word, sal Senwesbel die houer word van 58% van die uitgereikte aandele in Senwes Bpk.
“Senwes waardeer die rol en waarde wat die Royal Bafokeng gedurende die afgelope jare tot Senwes se besigheid toegevoeg het en beskou die transaksie as die eerste werklike suksesvolle swart bemagtiging in die landbousektor. Buitengewone waarde is vir ons vennote geskep met gepaardgaande voordele wat na al ons belanghebbendes gevloei het,” sê Strydom.
Die transaksie is onderhewig aan die voldoening of afstanddoening van sekere opskortende voorwaardes. Senwes sal aandeelhouers ingelig hou rakende die verwikkelinge in die verband, aldus Strydom
8 Julie 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
onbekende besoeker se onkunde hang ver uit - klink my jy kom van agter die berg
Die transaksie is nog lank nie finaal nie. Ek verstaan daar is 'n voorkoopreg en Senwesbel het net 30 dae tyd. Die Mededingingskommissie sal mos nooit binne 30 dae die beheeroorname goedkeur nie. Nee wat, lang trane kom nog.
Hierdie transaksie is belaglik. Senwesbel het hierdie aandele aan die Bafokeng teen R2-30 in 2006 verkoop en nou koop hulle hierdie aandele terug teen R10-00. Die geleentheidskoste (verlies) van hierdie transaksie is R230 miljoen vir Senwesbel aandeelhouers. Boere word wakker, wat gaan aan hier.
Senwes wat gaan hieraan....? Ek is seker die blik gaan binnekort oopgaan Dan klim die wurms uit. Niks maak vir my sin nie.
Let daarop dat die storie vir ontleders bedoel was omdat dit kort op die hakke van die Black Manager's Forum se vertrek uit BUSA gebeur. dit laat jou weet dat die gemors oppad is!
Hierdie storie is so ondeursigtig soos modder. Wat is Senwes, wat doen hulle presies, wie is Royal Bafokeng, en wie is Senwesbel presies? 'n Mens sit nou net en raai en wonder hoekom die storie hoegenaamd nuuswaardig is omdat dit duidelik alleen geskryf is vir mense wat reeds alles weet oor die betrokke organisasies. Buitestanders weet nog steeds niks nie. Hoekom is die storie nuuswaardig?
So veel vir BEE
Senwesbel sal seker nou 'n verpligte aanbod aan alle minderhede moet doen en die reëls van die TRP moet nakom. Minderhede in Senwes moet tog "'n ogie hoe op die verloop om seker te maak die nuwe Maatskappye Wet word nagekom, 'n mens weet nooit.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)