Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Rsazim-ooreenkoms-kan-hof-toe

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 19:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:77%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

RSA/Zim-ooreenkoms kan hof toe

 

‘n Beoogde verdrag tussen Suid-Afrika en Zimbabwe kan later die week in die hof beland oor die uitsluiting van die beskerming van Suid-Afrikaners se eiendom in dié buurland.

AfriForum gaan dié week ‘n groep Suid-Afrikaanse boere met grond in Zimbabwe bystaan om ‘n diskriminerende beleggingsooreenkoms tussen die Suid-Afrikaanse en Zimbabwese regerings wat Vrydag in Harare geteken gaan word, te keer.

Die beleggingsooreenkoms, kortweg bekend as Bippa, beoog om huidige en toekomstige beleggings van Suid-Afrikaners in Zimbabwe te beskerm, maar sluit uitdruklik die beleggings van Suid-Afrikaanse boere wat deur Robert Mugabe se grondhervormingsprogram geraak is, uit.

In ‘n verklaring sê AfriForum hy het ‘n regsmening van een van Suid-Afrika se voorste menseregte-advokate aan die Minister van Handel en Nywerheid, dr. Rob Davies, voorsien, waaruit dit blyk dat die beoogde ooreenkoms strydig is met die Grondwet, sekere internasionale regsbeginsels asook bestaande hofbevele van die Hooggeregshof in Pretoria en die tribunaal van SADEC.

Indien die ondertekening egter voortgaan, sal aansoek om ‘n interdik Vrydagoggend in die Noord-Gautengse Hooggeregshof gedoen word.

Die groep boere word verteenwoordig deur mnr. Louis Fick, ‘n boer van die plaas Friedawil naby Chinoye in die Ooste van Zimbabwe. Fick is ‘n Suid-Afrikaanse burger en boer sedert 1993 in Zimbabwe op Friedawil. Hy was een van 79 boere wat in November 2008 suksesvol was in hulle regsaksie voor ‘n tribunaal van SAOG (die SA Ontwikkelingsgemeenskap). Die tibunaal het destyds geskiedenis gemaak met sy bevinding dat pres. Robert Mugabe se grond-grypprogram rassisties en onwettig was en daarom gestaak moes word.

Fick se plaas is ook ná die bevinding van die tribunaal beset deur ‘n groep onder leiding van ‘n hoë amptenaar van die Zimbabwese Reserwebank.

Die groep het Fick in ‘n stadium by herhaling verhinder om sy vee te versorg. Dit het gelei tot 200 vrektes van varke en ander vee weens honger en dors. Fick moes onlangs weens desperate omstandighede al sy oorblywende vee op die plaas van kant maak.

23 November 2009

4.5
 
 
  • 1501 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Heuning-en-kaneelbaklava
  • Paddaslyk in koidamme
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction