|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 19:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 77% |
| Wind: |
Die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OESO) het sy verslag oor Rusland aan die wêreld bekend gestel.
Die Russiese Federal Antimonopoly Service, die eweknie van die Suid-Afrikaanse Mededingingskommissie, sê kartelvorming is een van die grootste bedreigings vir Russiese mededinging. Na beraming is een uit elke vyf bedrywe geneig om aan kartelbedrywighede deel te neem.
Kartelvorming kan gedeeltelik aan vorige beleide, wat markverdeling aangemoedig het, toegeskryf word. Die landbou en die kleinhandel is uitgesonder as van die sektore waar die meeste onmededingende praktyke in Rusland plaasvind.
Staatskorporasies, kartelle en onmededingende gedrag deur owerhede is deur die OESO-verslag uitgelig as kwessies wat mededinging in Rusland die meeste belemmer. Groot firmas oorheers die Russiese ekonomie en kartelvorming het ‘n groot invloed op mededinging in die Russiese produktemartke.
Sedert 2007 mag die Federale Anti-monopolie Diens boetes van tussen 1% en 15% van ‘n besigheid, wat die mededingingsbeleid verontagsaam, se jaarlikse omset oplê. Verder mag die betrokke instansie ook korporatiewe toegeeflikheid toestaan aan diegene wat met hul saamwerk. Die Suid-Afrikaanse Mededingingsowerhede is by magte om ‘n boete van nie meer as 10% van ‘n maatskappy se jaarlikse omset in te win nie.
15 Julie 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)