Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Ryp-knou-groente-aartappels

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 19:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:77%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Ryp knou groente, aartappels

 
Deur ALANI JANEKE
Aartappels. Foto: ALANI JANEKE
Aartappels. Foto: ALANI JANEKE

Die erge ryp wat sowat vier weke gelede in Limpopo voorgekom het, het gelei tot ‘n produksieverlies van 17,3% in dié provinsie, sê Aartappels SA.

Mnr. Johan Holtzhausen van dié organisasie sê ‘n produksieverlies van 10,3% is in die Loskopvallei-produksiegebied aangeteken, terwyl die Limpopo se verlies 7% is.

“Dit is meer as die verlies wat ondervind is ná die erge ryp wat in 2007 in dié streke voorgekom het,” sê Holtzhausen.

Kon erger gewees het
Volgens Holtzhausen het die swaar reëns wat in Februarie en Maart vanjaar voorgekom het, in boere se guns getel. “Die verlies kon groter gewees het as die boere op tyd geplant het. Weens die reën kon hulle nie so baie soos gewoonlik in April plant nie. ‘n Groot deel is eers later geplant, en dít het nie skade gely nie.”

Holtzhausen verwag nie aartappeltekorte in die mark nie. “Sowat 5 000 ha is vanjaar ekstra aangeplant, so ek verwag nie ernstige tekorte nie. Ons voorsien ook nie dat die pryse van 10kg sakkies die R50 merk gaan haal nie.”

Opswaai in groentepryse
Intussen berig Meat Trade News Daily aansienlike verhogings in groentepryse kan voorlê. Luidens die berig is groenteprodusente in Limpopo en KwaZulu-Natal ook hard geslaan deur ryp. Groenteprodusente in die Wes-Kaap is gelukkig gespaar.

“Die prysverhoging gaan aansienlik wees. Die tekorte sal dalk eers oor twee maande sigbaar word. Ons verwag pryse gaan in September vanjaar hemelhoog wees, want daar is nie genoeg tyd om ander gewasse aan te plant nie,” sê mnr. Johan de Bruin, verkoopsagent vir RSA Markagente. Heraanplantings kan moontlik eers oor ses weke begin.

Tamaties kos reeds R100 per boks, en groenbone – wat gewoonlik tot R7/kg is – kos byna R50/kg.

De Bruin sê die skade wat boere gely het kan moontlik tot afleggings op plase lei.

Groot skade aan suikerplantasies
Mnr. Fanie Horn, verskaffingsbeampte van die Noordberg-meule in KwaZulu-Natal, sê suikerrietprodusente in die New Hanover-, Wartburg- en Dalton-omgewing is hard deur die ryp geslaan. “Tans lyk dit of sowat 124 000 ton se suikerriet geraak is, en die skade wissel tussen eerste- tot vyfdegraads. Dit kan selfs meer word as nog ’n koue front voorkom.”

Die suikerriet moet nou so vinnig moontlik geoes word aangesien die gehalte daarvan vinnig agteruit kan gaan.

Lees ook:

Nog koue kom vir hele land

13 Julie 2010

4
 
 
  • 1871 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Pampoene: Markpryse bekyk
  • Pryse van varsprodukte
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction