|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 19:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 77% |
| Wind: |
Dit is net billik om te verwag dat Suid-Afrika nou sy voet sal neersit oor Zimbabwe se minagting van ’n bevel deur die tribunaal van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) om Zimbabwe se boere te beskerm, sê Agri SA.
Dr. Theo de Jager, ondervoorsitter van Agri SA, sê die integriteit van die SAOG en sy strukture is nou in Suid-Afrika se hande vanweë die land se leiersrol in die streek. “Die res van die wêreld en beleggers kyk met groot oë hoe Suid-Afrika en die SAOG hierdie situasie gaan hanteer. In die buiteland se oë is daar min onderskeid tussen die lande en in ’n landbou-omgewing kan die boere nie van mekaar afgesonder word nie.”
Hy het gereageer op ’n beslissing van die tribunaal dat Zimbabwe nie gehoor gegee het aan ’n opdrag om toe te sien dat boere se eiendomsreg beskerm word en plaasafsettings beëindig moet word nie. Die tribunaal het aangedui dat hy sy jongste beslissing aan die SAOG se beraad sal
oordra vir die nodige optrede teen Zimbabwe.
Die optrede kan sanksies of skorsing uit die SAOG insluit.
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 19 Junie 2009.
18 Junie 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)