Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Sa-boere-besoek-toe-nie-die-kongo

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 19:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:77%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

SA boere besoek toe nie die Kongo

 
Deur ALANI JANEKE

Die beplande besoek aan die Kongo (Brazzaville) deur ‘n groep van 12 Suid-Afrikaanse boere om grond daar te identifiseer waarop hulle wil boer, het nie plaasgevind nie. Die besoek was aanvanklik gereël nadat Agri SA en die Kongolese regering verlede jaar ‘n generiese ooreenkoms onderteken het.

Keuringsproses oorweeg
Mnr. Theo de Jager, ondervoorsitter van Agri SA, sê hulle het intussen besluit dat boere wat deur dié ooreenkoms in die Kongo wil belê, ‘n voorlopige keuringsproses moet deurgaan. Hy sê hulle het reeds ‘n voorlopige dokument, waarin die keuringsproses in stappe beskryf word, opgestel.

Die dokument sal volgende week aan Agri SA se uitvoerende komitee vir goedkeuring voorgelê word.  Volgens De Jager sal hulle met behulp van dié dokument aanbevelings maak rakende die toekenning van grond aan Suid-Afrikaanse boere.

Die betrokke boer se ervaring sal onder meer in ag geneem word, en ná die boer se eerste besoek aan die Kongo sal hy of sy ‘n volledige sakeplan moet voorlê wat beoordeel sal word.

Nog versoeke
De Jager sê intussen het Agri SA gister met regeringsamptenare van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) vergader. Dié land het ook ‘n versoek aan Agri SA gerig dat Suid-Afrikaanse boere hulle kom besoek en moontlik hul bedrywighede na dié land uitbrei.

“Hulle wil hê boere moet hulle sakebelange na spesifiek die Katanga-provinsie in die noord-ooste van die land uitbrei. Dit is ‘n myngebied, maar daar word nie genoeg kos vir die inwoners verbou nie,” verduidelik De Jager.

Daar is aan die afvaardiging verduidelik dat daar eers met me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, oor die voorstel moet gepraat moet word. “Die minister het inisiatief geneem en aan ‘n ooreenkoms met dié land begin werk, en ons wil dit respekteer. Sy is tans vir ‘n SAOG-konferensie in Kinshasa waar sy na verwagting ook dié saak sal bespreek.”

Volgens De Jager sal hy wag tot die minister teruggekeer het en by haar hoor hoe die saak benader moet word. Intussen ontvang Agri SA steeds baie oproepe van boere en maatskappye wat daarin belangstel om in Libië te belê. 

Die grootste belangstelling bestaan rondom die olyfoliebedryf, asook veeteelt en wingerdbou.

Lees ook:

Boervrou sê: Nooit weer Kongo toe nie

4 Februarie 2010
 

3.5
 
 
  • 2314 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Billy Scholtz 
01 Mar 2010 03:20

As julle dit nie in RSa kan maak nie bly weg van die res van Afrika. RSA is die mees vriendelikste plek vir boere op jul kontinent. Werk iets uit met die huidige regering, en doen jul ding daar.

  • antwoord
Koisan 
28 Feb 2010 09:06

Antwoord op PPRUS 5 Feb 2010: Baie wens regverdige leierskap in Suid Afrika. As die goddelooses regeer ly die hele bevolking, dis wanneer Satan hoogty vier. Ek lewe oorsee, al vir drie jaar en mis my tuisland baie, maar ek mis nie die goddeloose toestande nie. My vrou en ek het aanvalle op ons lewe oorleef, derduisende was minder bevoorreg. Mag God sy hande oor almal in Suid Afrika uitstrek en hulle teen die goddeloosheid beskerm.

  • antwoord
pprus 
05 Feb 2010 14:14

Wens so n regverdige leier kan ons land regeer,dan sal niemand op n anner plek wil gaan boer of werk nie.

  • antwoord
kees 
05 Feb 2010 11:11

Die noord ooste van die Kongo? dis `n War zone, met rebelle uit Ruwanda, en ander gemors wat daar vry rondloop, omdat die regering daar nie bestaan! nie.

  • antwoord
Attiee 
05 Feb 2010 10:16

Die Katanga provinsie is nie in die noordooste nie maar in die suide van DRC. Dit is een van die rustigste provinsies soos ek verstaan. Hoe gaan die manne maak met die korrupsie daarlangs. Ek verstaan dat die staatsamptenare so min geld verdien dat hul inkomste deur korrupsie aangevul moet word om te kan oorleef. So maak julle maar reg vir baie ekstra belastings ens. Dit sal elkgeval die minste wees om oor bekommerd te wees. Maak seker dat jy lekker diep sakke vol geld het en dat jy nie sal omgee om dit alles te verloor nie.

  • antwoord
Dalene du Toit 
05 Feb 2010 09:19

Ek kan wragtie nie glo wat ek lees nie....Theo de Jager weet jy dan nie dat vorige boere jare terug moes vlug vir hul lewens!!

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Droogte-siklusse in die Suid-Kaap
  • Staking kos 30 000 hul vrugtewerk
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction