|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 19:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 77% |
| Wind: |
Die Suid-Afrikaanse Regering ignoreer ter wille van politiek die belange van sy burgers wat boere in Zimbabwe is. Dié boere voel in die rug gesteek deur albei lande se regerings.
Altesame 241 Suid-Afrikaanse boere in Zimbabwe gaan beleggings van miljoene rand in dié land se landbousektor verloor as die ooreenkoms waarmee beleggings beskerming geniet (Bippa) wat op 27 November tussen Suid-Afrika en Zimbabwe onderteken word, op aandrang van Mugabe se Zanu-PF grond uitsluit.
Mnr. Louis Fick, ondervoorsitter van Zimbabwe se kommersiële boere-unie (CFU), het aan Landbouweekblad gesê Suid-Afrikaanse burgers wat in Zimbabwe belê het, is “geensins genader om bydraes in die formulering van die Bippa te lewer nie”. Dié boere is sedert 2000 in verbinding met die SA ambassade vir ondersteuning met grondprobleme en die beskerming van bates.
“Ons het al telkens navraag gedoen oor die inhoud van die Bippa en hoe dit ons as grondeienaars en boere gaan beskerm en vergoed. Navraag is weer verlede week gedoen. Ongelukkig kry ons nooit antwoorde op die vrae nie. Ná nege jaar se volgehoue kommunikasie met die SA ambassade in Zimbabwe sal dit ’n groot skok wees as die ooreenkoms nie grond insluit nie”.
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 20 November 2009.
13 November 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Miskien sal ons hieruit 'n aanduiding kry van wat ons eie regering se planne vir die toekoms is ?
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)