SA ministers benoem vir VN-poste

 

Twee Suid-Afrikaanse ministers is vir benoem vir hoë internasionale poste verwant aan klimaatsverandering.

Mnr. Trevor Manuel, Minister in die Presidensie verantwoordelik vir Nasionale Beplanning, is as ‘n lid van die Verenigde Nasies (VN) se raadgewende groep vir die finansiering rondom klimaatsverandering aangestel.  Mnr. Ban Ki Moon, sekretaris-generaal van die VN, het dié komitee tot stand gebring.

Luidens ‘n verklaring is die groep gestig om finansiering vir die voorkoming van klimaatsverandering deur ontwikkelende lande te mobiliseer. Twee voorsitters sal die groep van 19 lei. Die een is mnr. Gordon Brown, Eerste Minister van Brittanje, en die ander is mnr. Meles Zenawi, Eerste Minister van Ethiopië.

Ander lede sluit mnr. Jens Stoltenberg, Eerste Minister van Noorweë, en mnr. Bharrat Jagdeo, President van die Republiek van Guyana, in.

Hulp met finansiering 
Die groep moet na moontlike geldelike bronne vir bedrywighede om klimaatsverandering te voorkoming en daarby aan te pas, in ontwikkelende lande soek. Hulle moet ook met kreatiewe en praktiese maniere vir langtermyn-finansiering in die ontwikkelende wêreld na vore kom.

Die groep se eerste vergadering vind op 29 Maart plaas. Aanvanklike voorstelle moet ter tafel gelê word voor die VN se klimaatskonvensie (UNFCCC) se onderhandelingsessie in New York in Mei en Junie vanjaar.

Van Schalkwyk benoem
Intussen het die Regering mnr. Marthinus van Schalkwyk, Minister van Toerisme, benoem vir die pos van die hoof van die UNFCCC. Luidens ‘n berig van Engineering News Daily het die huidige VN-klimaatshoof, Yvo de Boer, bedank, en sal sy pos van 1 Julie vanjaar af vakant wees.

Regering genader oor Van Schalkwyk
Volgens die berig is die staat hulle deur verskeie vennote in die ontwikkelde en ontwikkelende wêreld genader oor die beskikbaarheid van Van Schalkwyk vir dié pos.

“Dit sal inderdaad ‘n voorreg vir die land wees as een van ons eie die hoof van die belangrike instansie is”, sê die Presidensie. Suid-Afrika is volgende jaar die gasheerland van onderhandelinge rakende klimaatsverandering.

Die finale besluit oor dié aanstelling berus by Ki Moon.

10 Maart 2010

0
 
 

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.