|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 19:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 77% |
| Wind: |
'n Wolvag van mnr. Donald en mev. Pat Young van Kokstad, KwaZulu-Natal, is gekies om saam met twee ander Suid-Afrikaanse inskrywings in Maart in 'n vagkompetisie teen ander lande deel te neem.
Suid-Afrika neem vanjaar die eerste keer aan die internasionale vagkompetisie vir fynwol, die Zegna V.A. Challenge (Zegna is 'n bekende Italiaanse vervaardiger van mansklere), in Australië deel. Voorheen was die wedstryd net vir Australiese vagte, maar nou is 'n afdeling ook vir ander lande geskep en Suid-Afrika, Nieu-Seeland en Argentinië sal mekaar die stryd aansê.
Daar is twee afdelings, naamlik vagte fyner as 14 mikron en vagte van 14 mikron tot 18 mikron. Die Young-egpaar se vag is van 14 mikron tot 18 mikron.
Die ander SA deelnemers is mnre. Jules van Aardt van Cookhouse en Rodney Austin van Grahamstad.
. Utrecht se studiegroep is deur die NWKV-tak in KwaZulu-Natal as die bedrywigste studiegroep in die provinsie aangewys. Dié tak het vanjaar die eerste keer 'n wisseltrofee hiervoor toegeken en sal dit voortaan elke jaar op die kongres aan die beste van die sewe studiegroepe oorhandig. Die wenner kom outomaties in aanmerking vir die Bennie van der Merwe-trofee wat deur die nasionale NWKV toegeken word.
14 Feb. 2003Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24