Deur JOYLENE VAN WYK
15 Mei 2012

965 keer gelees | 6 kommentaar

Die plaaslike verbruiker het homself uit die mark geprys, sê me. Annette Steyn, die DA se skaduminister van Landbou, Bosbou en Visserye.


Die Suid-Afrikaanse verbruiker het homself uit die mark geprys, sê me. Annette Steyn, die DA se skaduminister van Landbou, Bosbou en Visserye.

Die DA het sy veldtog geloods om Suid-Afrikaners se reg tot voedsel uit te lig en om toegang tot meer bekostigbare kos te bewerkstellig. Die Suid-Afrikaanse verbruiker wil hê sy kosprodukte moet mooi verpak wees en hy wil nie sy melkbeker neem om by die man om die draai melk te gaan koop nie, het sy gesê.

“Ons moet ‘n debat hieroor begin en aan mense uitwys hoe jy die kosprys kan verlaag.”

Groot uitdagings wag
Steyn het uitgewys dat die land groot uitdagings in die gesig staar met die drie komponente wat voedselsekuriteit raak. Dit is die beskikbaarheid, toeganklikheid en die verspreiding van kos.

Voedselproduksie in die land is ongunstig geraak deur die verwydering van staatsondersteuning vir die landbou, stygende insetkoste, ‘n onstabiele beleid en onredelike mededinging van die buitelandse markte.

Boonop het die minimum loon vir die landbousektor gestyg, dan is daar ook die voortdurende styging van brandstof en elektrisiteit wat boere se marge verder afdruk.

Volgens die DA se navorsing kos ‘n verskeidenheid basiese voedselsoorte, soos koolhidrate, proteïne, vrugte en suiwelprodukte, plaaslik tot 100% meer as in ander ontwikkelende lande soos Turkye, Maleisië en Indië.

15 Mei 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Tokkie de Villiers

2012/05/16 10:09:12 AM

Kom ons gaan terug na die ou dae, waar ons, ons mandjie gevat het en na die boer toe gegaan het. Sny die middelman uit. Ondersteun die Boeremarkte in jou omgewing.


Onbekende besoeker

2012/05/16 08:51:57 AM

Wat Annette sê is waar. Miskien het die Suid-Afrikaners gemaklik geraak. Ons wil al ons inkope op een plek doen. Wil nie graag na Groentewinkel, Slaghuis of Melkery gaan om ons produkte te kry. Het heelwat gereis in Oorsese Lande en het die groente en vrugte markte baie geniet. Kon altyd vars produkte kry. Daar isook nie so iets soos die gebruiker wat die produkte druk voordat dit gekoop word nie met die gevolg dat daar nie kneus plekke voorgekom het en jy die verrassing kry wanneer jy dit oopsny.Supermarkte manipuleer die pryse met die gevolg dat ons nou baie vir die produkte betaal ten koste van die boer.


Onbekende besoeker

2012/05/15 08:43:40 PM

Dit is ongelukkig waar, kyk in stede waar koop verbruikers hul vleis, by die supermark ten duurste. Daar is dit baie mooi verpak en die slaghuis op die hoek het lankal sy deure gesluit. Baie min verbruikers koop groot maat groente/vleis en verwerk en pak dit self.


onbekende boer.

2012/05/15 08:11:59 PM

Me. Anette Steyn het n punt beet. As boere n groter vraag na onverpakte en verfynde voedsel het kan daar meer boere hulle produkte op boeremarkte lewer waar dit goedkoper sal wees as in supermarkte. Kan Lanbouweekblad dalk vir ons invoersyfers kry dat ons kan sien wat en hoekom daar nou so "reusagtig baie" voedsel ingevoer moet word. In baie gevalle word voedsel wel ingevoer vanwee die feit dat dit elders gesubsidieer word en hier kom "dump" word. Nie noodwendig agv n plaaslike tekort nie.


Catherina Wait

2012/05/15 05:48:52 PM

Ek dink nogal die artikel praat die waarheid, maar praat met die boere, dan kom jy agter wie die groot sondeboke is: Kettingwinkels is vol drama oor alles en nog wat. Elke winkel wil sy produk in sý verpakking hê, volgens sý spesifikasies. En elke dan en wan verander dit en dan sit die boer met al die ongewenste bakkies en plakkers. Dan moet daar elke jaar 'n magdom oudits met die grootste klomp nonsens deurgekom word en dié kos duisende rande! Huisvrouens wil nie meer slaai of blomkool koop wat nie netjies verpak en toegedraai is nie... en alles jaag die prys op. Ek sou nie ál die skuld op die verbruikers pak nie, maar die middelman vat sy goeie deel!


Adriana Stuijt

2012/05/15 01:57:03 PM

Dit is 'n bietjie verregaand om die 'verbruiker' te blameer vir die hoë voedselpryse. Die hoë voedselpryse word veroorsaak deur die feit dat daar te min agrariërs in die land is om oorskotvoedsel vir die mark te produseer: Suid-Afrika moet nou reusagtig baie voedsel invoer en dit is baie duurder as om dit self te produseer. Mw Annette Steyn praat deur haar neus.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights