|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 19:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 77% |
| Wind: |
Rwanda sal van volgende jaar af renosters en leeus van Suid-Afrika af invoer om sy eie getalle aan te vul.
Luidens ’n berig op News24.com is dié land se wild erg uitgedun weens stroping en konflik.
Mnr. Rica Rwigamba, direkteur van die land se departement van toerisme, sê die Akagera Nasionale Park het slegs een renoster oor. Die leeus het ook uit die park begin verdwyn nadat vlugtelinge ná 1994 se volksmoord na die land teruggekeer en hul intrek in sommige dele van die park geneem het.
“Ons het reeds begin om die park te omhein. Dié werk sal teen Februarie aanstaande jaar voltooi wees, waarna die hervestiging van dié spesies een van die voorrangsake sal wees,” aldus Rwimgamba. Dit is nie duidelik hoeveel diere na Rwanda uitgevoer sal word nie.
Die hoogsbedreigde berggorillas is tans Rwanda se hooftoerisme-attraksie. Hulle kom meestal aan die grens tussen Rwanda, die Demokratiese Republiek van die Kongo en Uganda voor.
Beslaglegging
Intussen het die Suid-Afrikaanse Departement van Omgewingsake China gelukgewens ná dié land se owerhede op renosterhoring in Hongkong beslag gelê het. Luidens ’n verklaring beoog die departement om ’n afvaardiging na China te stuur om DNS-monsters van die horings te neem.
Dít sal die departement in staat stel om die horings met dié in sy DNS-databasis te vergelyk. Hy wag tans op goedkeuring van die Chinese owerheid om dié monsters te mag neem.
Mnr. Albi Modise, woordvoerder vir die departement, sê dié stap deur die Chinese owerheid volg op verskeie gesprekke tussen me. Edna Molewa, Minister van Waterwese en Omgewingsake, en haar Chinese eweknie oor samewerking om die stroping van renosters te stop. ’n Ooreenkoms is ook in dié verband geteken.
Suid-Afrika het vanjaar tot dusver 366 renosters weens stroping verloor, en 199 stropers is reeds aangekeer.
Bron: News24.com
17 November 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Hoe verder weg die diere kan kom van die mense wat hulle so skiet in SA, hoe beter.. Die tragedie is dat meeste stropers is blanke Afrikaanssprekendes...die diere behoort dus baie veilig te wees in midde Afrika.
My vraag is: Onsself sit met 'n probleem in Suid-Afrika met stroping. Hoelank gaan die renosters en leeus in Rwanda wees voordat dit weer gestroop gaan word? Moet ons nie eers ons eie huis skoonmaak en getalle opskuif nie. Of gaan dit oor die geld wat Suid-Afrika inkry uit die verkoop van die diere.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)