|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 19:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 77% |
| Wind: |
Mnr. Gordon (Dondi) Joseph, 'n Filippynse sakeman van die stad Cebu, voer wyn regstreeks van Suid-Afrika in en verwag dat die algemene gebruik van wyn in van sy omgewing van Australiese wyne na Suid-Afrikaanse wyne sal verskuif.
Joseph besit 'n groep winkels genaamd Darras + Bowler Wines en verwag 'n besending van 1 200 bottels wit en rooi Suid-Afrikaanse wyne. Dié wyne sal vanaf 15 tot 20 November op die Suid-Afrikaanse kos-en-wynfees in Cebu se Marco Polo-plaza ten toon gestel word.
"Ons verkoop al vir drie jaar 'n reeks Suid-Afrikaanse wyne. Ons het die wyn van 'n eksklusiewe invoerder in Manila bekom. Vanjaar sal ons self invoer," sê Joseph. Hy bou al sedert verlede jaar verhoudings met Suid-Afrikaanse wynmakers en het in Mei vanjaar tydens 'n vakansie in Suid-Afrika transaksies beklink.
"Cebu groei as 'n gebied vir wynliefhebbers," voeg hy by. Hy voorspel dat die beskikbaarheid van Suid-Afrikaanse wyne " 'n skuif van Australiese wyne na Suid-Afrikaanse wyne" sal teweeg bring.
Bron:
The Cebu Daily News
4 November 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24