Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Saad-ondersoek-oor-mededinging

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 19:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:77%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Saad: Ondersoek oor mededinging?

 
Deur ALANI JANEKE

‘n Formele versoek vir ‘n moontlike ondersoek na Monsanto deur die Mededingingskommissie kan binnekort ingehandig word, sê die Afrikasentrum vir Bioveiligheid (ASB).

Luidens ‘n berig op Forexpros.com sê me. Miriam Mayet, direkteur van ASB en ‘n omgewingsregsverteenwoordiger, dat hulle tans besig is met ‘n studie na die maatskappy en al sy lisensie-ooreenkomste in Suid-Afrika, veral met betrekking tot mielies en koring.

Die groep sal glo ‘n formele aansoek aan die kommissie voorlê vir ‘n ondersoek en optrede rakende die moontlike ongunstige sosio-ekonomiese impak, sê Mayet.

Mayet sê hulle verwelkom die afkeur van die samesmelting van Pioneer Hi-Bred en Pannar Saad, wat verlede week deur die kommissie aangekondig is. “Dit is net die begin van die stryd vir die beheer van saad in (Suid-Afrika),” aldus Mayet.

Gesentraliseerde beheer
Biowatch, nog ‘n omgewingsgroep, het verlede week in ‘n verklaring gesê hulle is bly die samesmelting is nie goedgekeur nie, aangesien hulle meen dit tot gesentraliseerde beheer van die saadbedryf kan lei.

“Verskeie saadvariëteite wat deur beide Pannar en Pioneer verkoop word bevat gepatenteerde GM-gene wat deur Monsanto gelisensieer is deur vertroulike sake ooreenkomste wat effektief versteekte alliansies en gesentraliseerde beheer van die saadbedryf skep,” lui die verklaring.

Geen dominante aandeel
In antwoord op Biowatch se verklaring sê mnr. Kobus Lindeque, direkteur van Monsanto in Afrika:

  • “Geen enkele maatskappy het ‘n dominante aandeel in saadverkope in mielies, sojabone en katoen nie.  Aandele het oor tyd verander. Onafhanklike saadmaatskappye, waarvan daar honderde is, hou hulle eie en het ‘n aansienlike aandeel in mielies, sojabone en katoen wêreldwyd.”

  • “Boere het die keuse van verskeie saadmaatskappye – ook in Suid-Afrika – en kan kies van verskeie saadmaatskappye, bastervorme en variëteite. Die keuses sluit saad in met individuele en stapelgeen-biotegnologiese eienskappe - eienskappe wat ontwikkel is deur tradisionele teling en met konvensionele saad .”

  • “In Suid-Afrika bestaan meer as 496 geregistreerde mielievariëteite van ten minste 24 maatskappye, volgens die Nasionale Variëteitelys.”

  • “Soos wat verwag kan word in so ‘n diverse mark, wissel die pryse wat boere per sak saad betaal aansienlik – in sommige gevalle tot negevoudig. Boere mag ‘n hoër gehalte saad verkies maar hulle het steeds ‘n groot keuse rakende gehalte- en prysvlakke.”

  • Die wye lisensiëringstrategieë van Monsanto, en tot ‘n mindere mate ander maatskappye met gepatenteerde eienskappe ,fasiliteer mededinging en gee die boer ‘n groter keuse. Gepatenteerde eienskappe wat deur biotegnologie ontwikkel word is nie net beskikbaar deur die saadmaatskappye wat deur die ontwikkelaars van die eienskap besit word nie. Monsanto, byvoorbeeld, het gekies om ‘n strategie van wye lisensiëring van sy gepatenteerde eienskappe aan groot en kleiner mededingers te volg.”

13 Desember 2010

0
 
 
  • 1412 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Lamsvleisburgers met tzatziki
  • Nog forensiese ondersoeke by Land Bank
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction