Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Saaiboer-boer-van-die-jaar

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 19:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:77%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Saaiboer is Boer van die Jaar

 
Deur CHARL VAN ROOYEN

Mnr. Alfonso Visser, 'n saaiboer van Hartswater op die Vaalharts-besproeiingskema in Noord-Kaapland, is Vrydagaand as Landbouskrywers SA se nasionale Boer van die Jaar aangewys.

Die toekenning is in Stellenbosch deur Landbouskrywers SA, Ou Mutual, Mutual & Federal en Nedbank gedoen.

Prof. Maryke Labuschagne, hoof van die afdeling Planteteelt in die departement van llantwetenskappe aan die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein, is as Nasionale Landboukundige van die Jaar bekroon.

Mnr. Marlon de Jager van Aberdeen in die Oos-Kaap is as die Nasionale Opkomende Boer van die Jaar gekies.

Visser verbou 50 ha permanente gewasse (pekanneute en sitrus) en 1 137 ha kontantgewasse (koring en grondbone) onder besproeiing op Vaalharts en langs die Vaalrivier by Christiana.


Die boerdery-onderneming het in 1999 met beplanning begin om waardetoevoeging te doen. Daaruit het P Farm Agente BK ontstaan, wat 20-25% van Suid-Afrika se grondbone (ongeveer 19 000 ton) hanteer deur sy eie produkte en medeboere se produkte te verwerk en nasionaal en internasionaal te bemark.


Just Nuts is 'n verdere verlengstuk, wat gegeurde grondbone vir die binneland verwerk en blansjering vir Black Cat en Nola doen.


Nog 'n onderneming, P Farm Pecans, is in 2006 begin en hanteer tans 10-15% van Suid-Afrika se pekanneute t.o.v. verwerking en bemarking nasionaal en met 'n groter klem op die internasionale mark.


Visser is ook deel van 'n groep Vaalharts-boere wat 'n katoenpluismeule (Vaalharts Cotton) besit. Hy is die produsent met die grootste enkele aandeel in die aanleg.
Die feit dat die onderneming binne negentien jaar van niks tot 'n hoogs suksesvolle boerdery met agri-besighede met 'n omset van meer as R250 miljoen per jaar rand opgebou is, spreek boekdele.


Visser is sterk by georganiseerde landbou betrokke. Daaronder tel huidige en vorige posisies as bestuurslid, verteenwoordiger en/of direkteur van 'n plaaslike boerevereniging, beproeiingstudiegroep, Grondboonverwerkersverenging, Vaalharts-katoenaanleg, Graan SA en Grondboonforum. Hy is nou betrokke by die ontwikkeling van swart boere en is besig met swart bemagtiging in sy boerdery en agribesighede.

Labuschagne het al haar grade aan hierdie universiteit behaal en kursusse in onder meer Swede en Kanada gedoen. Sy was van 1986 tot 1989 verbonde aan die Kleingraaninstituut in Bethlehem voordat sy haar by die Vrystaatse Universiteit aangesluit het.


Sy dien of het gedien op talle nasionale en internasionale verenigings en liggame, waaronder voorsitter van die Suider-Afrikaanse Planttelersvereniging, bestuurskomiteelid van die SA Vereniging van Gewasproduksie, professionele lid van die Amerikaanse Vereniging van Graanchemici en Suid-Afrika se amptelike verteenwoordiger sedert 2007, en uitvoerende bestuurslid van die SA Graanwetenskaps- en Tegnologievereniging.


Prof. Labuschagne het haar Ph.D.-graad met navorsing op die genetika van bakgehalte van koring behaal. Sy en haar span het die afgelope tien jaar baanbrekerswerk op gluten-proteïen in koring gedoen, die enigste navorsers in Suid Afrika wat daarop werk. Gluten is die belangrikste bepalende faktor in bakgehalte van koring.


Sy het in Swede opleiding ontvang in die meting van gehalte in koring. Sy het ook vir twee jaar saam met die Tegniese Universiteit van Boedapest (Hongarye) gewerk op gluten-eienskappe van koring. Haar navorsingsresultate het lig gewerp op die gluten-proteïen wat in Suid-Afrikaanse koring voorkom en hoe dit deur die omgewing, bemesting en hitte- en kouestres beïnvloed word.


Dieselfde navorsingstegnieke is die laaste jaar ingespan om te kyk na die verbetering van gehalte van mielies, veral hoë-lisienmielies, waar proteïengehalte en -kwantiteit, sowel as stysel se gehalte, baie belangrik is.


Sy het vanjaar 'n toekenning en R30 000-prys van die SA Graanwetenskaps- en Tegnologievereniging vir navorsing en ontwikkeling ontvang, asook 'n trofee en R100 000-prysgeld van die Nasionale Wetenskaps- en Tegnologieforum vir navorsings-kapasiteitsontwikkeling die afgelope tien jaar.

De Jager het sy pa op die ouderdom van agt maande verloor en is in die sorg van sy ma en ouma gelaat. Niks en niemand sou egter sy hunkering om te boer, blus nie. Hy het dié hunkering om "eendag te wil boer" 'n werklikheid gemaak toe hy in 1992 sy eerste tien bont skaapooie op 'n veiling gekoop het.


Ná 'n lang gesukkel om bystand van die staat te kry, het hy besef dit sal hom net aan bande lê en verhoed om so gou moontlik 'n kommersiële boer te word as hy sou wag vir die rompslomp van die staat. Met hierdie benadering het De Jager op eie koste voortgegaan en ontwikkel tot die boer wat hy vandag is.


Oordeelkundige bestuursdoeltreffendheid en goeie finansiële dissipline en arbeidsbestuur het tot gevolg gehad dat hy private grond aangrensend aan die meentgrond kon aankoop. Die boerdery ontwikkel nog steeds en hy produseer 15 - 18 ton lusern per hektaar, terwyl sy Dorperkudde die afgelope sestien jaar tot 750 ooie aangegroei het. Hy boer ook met Nguni- en Hereford-vleisbeeste en Boerbokke.


De Jager het Vrydagaand 'n toekenning van R10 000 van die RPO ontvang vir 'n studiereis om vleisboere in Suid-Afrika te besoek.

16 November 2008

0
 
 
  • 1751 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • VF Plus kla by MRK oor 'haatspraak'
  • Rooi fluweelkoek
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction