|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 19:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 77% |
| Wind: |
"Ons kan dit nie meer bekostig dat ‘n beeld dat enige plaasmoorde aanvaarbaar is, uitgestuur word nie,” sê die SA Kommuniste Party (SAKP).
“Ons doen ‘n beroep op die Regering om spoedig teen dié misdadigers (die vermeende moordenaars van mnr. Eugéne Terre’Blanche) op te tree en dié aksies uit te brei om die moorde op plaaseienaars en plaaswerkers te voorkom."
Luidens ‘n verklaring wat die party kort ná die moord op Terre’Blanche uitgestuur het, spreek die party hom sterk teen die moord uit.
Geskok oor dié nuus
Volgens die SAKP was hy erg geskok oor die nuus. “Vir jare was Terre’Blanche ‘n omstrede figuur... en tot nou toe verskil die SAKP met sy sienings. Al is dit die geval, dit maak nie saak hoe ons van individue en hulle politieke oortuigings verskil nie, moord het nie ‘n plek in ons samelewing nie en dit is geen oplossing vir ons probleme nie. Derhalwe veroordeel die party die moord ten sterkste.”
Die party sê hy ondersteun pres. Jacob Zuma se versoek vir kalmte in die land, en sê niemand moet dié voorval as ‘n basis vir politieke uitbuiting gebruik nie.
Die SAKP vra ook dat, as dit bewys word dat die moord uit arbeidskwessies voortgespruit het, arbeidsregulasies en ondersoeke op plase versterk moet word. Die party sê hy vra al ‘n geruime tyd vir meer doeltreffende toepassing van arbeidsregulasies op plase om die uitbuiting van plaaswerkers en huishulpe te voorkom.
8 April 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Ek wonder maar net:
Is daar nog 'n werker in die land(wit of swart) wat nie weet met wie om te praat as hy probleme met sy werkgewer het nie ?
Die manne weet almal waar die naaste ANC kantoor is en hardloop maar te gou soontoe.
Miskien moet die SAKP maar net bykom by wat in die Nuwe SA aan die gang is.
Meer doeltreffende toepassing sal maar net beteken die boer is nie meer "baas" op sy eie plaas nie.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)