Deur ISABEL STOLTZ
12 Augustus 2009

2809 keer gelees | 0 kommentaar

Dis SAOG se onmag om die Zimbabwiese regering te dwing om sy omstrede grondonteieningsproses stop te sit veroorsaak dat hy aansien verloor, sê die TLU SA Noord.


Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) verloor aansien weens sy onmag om op te tree teen die Zimbabwiese regering se miskenning van die SAOG-tribunaal, sê die TLU SA Noord.

Die tribunaal in Windhoek het bykans ’n jaar gelede bevind dat die Zimbabwiese regering verskeie bepalinge van die SAOG-verdrag geskend het deur nie wit boere in dié land se eiendomsreg te erken nie. Die tribunaal het opdrag gegee dat die Zimbabwiese regering maatreëls instel om grondeienaars in dié land se regte te beskerm en voor 30 Junie vanjaar regverdige vergoeding te betaal vir grond wat afgevat is.

Zimbabwe het die tribunaal se opdragte geïgnoreer. Suid-Afrika is die onbetwiste leier in Suider-Afrika en moet nou “in belang van die streek” soos ’n leier optree deur ingevolge die verdrag sanksies teen Zimbabwe in te stel, sê die TLU SA Noord in ’n brief aan pres. Jacob Zuma.

“Dit is in die belang van die SAOG dat die verdrag se bepalinge gerespekteer en afgedwing word. Die Suid-Afrikaanse Regering moet die voorbeeld stel deur toe te sien dat besluite van die tribunaal uitgevoer word,” sê die organisasie.

12 Augustus 2009


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights