Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Saog-verdrag-oor-zim-niks-werd

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 19:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:77%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Is SAOG-verdrag oor Zim niks werd?

 
Deur ISABEL STOLTZ

Die tempo van vervolgings teen wit Zimbabwiese boere het toegeneem sedert die regering van nasionale eenheid tot stand gekom het. Teen Februarie vanjaar was 105 boere in die hof omdat hulle nog op hul plase was.

Van dié boere is 67 veronderstel om die beskerming van die SAOG-tribunaal teen vervolging te geniet.

Zimbabwiese boere vra nou of die regering inderdaad lid van die SAOG is "of word SAOG-vergaderings en berade onder valse voorwendsels bygewoon? Die jongste dreigemente, geweld, vervolgings en uitsettings het die landbousektor weereens ernstig ontwrig," lui 'n verslag van die Kommersiële Boere-unie (CFU) van Zimbabwe.

Die CFU beraam die waarde van oeste wat deur die vervolgings bedreig word, op sowat R910 miljoen. Volgens die CFU meen onafhanklike ontleders dat 7 miljoen Zimbabwiërs uit 'n bevolking wat al so laag soos 8 miljoen kon gedaal het, koshulp nodig het.

Ignoreer beslissing
Zimbabwe ignoreer die Tribunaal-beslissing en 'n hooggeregshof-regter se terloopse opmerking dat die land hom nie daaraan hoef te steur nie, is 'n aanduiding dat Zimbabwe onder die dekmantel van soewereiniteit geen respek vir die SAOG-Verdrag of die oppergesag van die reg het nie, het 'n regsgeleerde van Harare aan Landbouweekblad gesê.

"Ons beweeg terug na 'n skurke-staat."

Wetgewing om die oppergesag van die reg te herstel, het geen uitwerking op grondvlak nie. Werksessies oor grond wat deur die prokureur-generaal, mnr. Johannes Tomana, saamgeflans en op tou gesit is, gee rigting aan landdroste, aanklaers, grondamptenare en die polisie hoe om die vervolgings te versnel, sê adv. David Drury van die regsfirma Gollop en Blank in Harare.

Hy verteenwoordig boere wat reeds 'n tweede aansoek teen die Zimbabwe-regering vir minagting van 'n tribunaal-uitspraak ingedien het en die SAOG-tribunaal versoek om te verseker dat sy uitspraak afgedwing word.

Beslaglegging
Dié uitspraak het beslis dat die Zimbabwe-regering se beslaglegging op wit boere se plase 'n vergryp van die SAOG-verdrag is en hy is gelas om dit te staak. Die regters het gesê hulle sou dalk tot 'n ander beslissing gekom het, was dit nie vir die feit dat plase aan politieke aanhangers van Zanu PF toegeken is nie.

'n Hofdatum om die tweede saak aan te hoor, is nog nie bepaal nie.

Volgens Drury is die saak "in niemandsland" nadat die tribunaal Zimbabwe se minagting van 'n tussentydse bevel teen vervolging van boere na die SAOG-leiers verwys het en dié verlede jaar in Johannesburg besluit het dat 'n komitee van die streek se ministers van justisie 'n beslissing moet maak. Die komitee het nog nie gesit nie.

Weer eens blyk dit senior Zanu PF-lede te wees wat baat by die jongste grondgrype. Van die beslagleggings is na bewering gedoen deur 'n senior amptenaar - mnr. E. Mashiringwani - van die Reserwebank van Zimbabwe, die speaker van die senaat, me. Edna Madzongwe en 'n hooggeregshof-regter, Anne-Mary Gowora - die regter wat die opmerking gemaak het dat besluite van die SAOG-tribunaal nie op Zimbabwe van toepassing is nie en nie afgedwing kan word nie.

18 Maart 2009

0
 
 
  • 1515 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Varkpes woed voort
  • Verwarring oor wet op kommunale grondregte
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction