Deur ALANI JANEKE
15 November 2011

1711 keer gelees | 1 kommentaar

Mnr. Schalk Burger sr., voormalige Springbok-rugbyspeler, sê sy groot wens is dat sy kinders veilig in Suid-Afrika kan leef en op sy plaas kan boer.


Mnr. Schalk Burger sr., voormalige Springbok-rugbyspeler, sê sy groot wens is dat sy kinders veilig in Suid-Afrika kan leef en op sy plaas kan boer.

Burger bedryf sy Welbedacht-wynlandgoed saam met sy seuns, Tiaan en Schalk jr. – bekende Springbok-flank.

Burger het op vanjaar se Absa Pinotage-toer met Landbou.com op die wynlandgoed oor sy sienings van die huidige Suid-Afrikaanse landbou gesels.

“Ek sal baie graag wil hê dat dié Regering die geleentheid aan my kinders sal gee om wel eendag hier te kan boer. En om mense in diens te kan neem en werk vir hulle en ’n toekoms te kan verskaf.”

Volgens Burger ervaar die land ’n moeilike tydperk, maar dit sal ook verby gaan. 

Vergrootglas  
                       
Burger sê die landboubedryf, veral die wynbedryf, beleef tans nie ideale omstandighede nie. Dit sou ook tot hulle voordeel wees as die Regering pogings kon aanwend om plaaslike boere in ’n mate teen internasionale invoer te beskerm.

“Dis nie maklik om in ’n land te boer waar alles wat jy doen, soos die Engelsman sê, met “circumspect” behandel word nie,” vertel Burger.

Kyk gerus hier na ‘n video van Burger wat aan ons vertel wat die grootste uitdagings vir ’n wynboer is.

15 November 2011


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Gerhard van der Linde

2011/11/17 09:46:21 AM

Ek is manlik en wit en wil bitter graag vir my n plasie koop en ook probeer boer maar met die huidige politieke klimaat sal ek dit regtig nie eers amper oorweeg nie. Om die waarheid te se oorweeg ek dit sterk om liewer my drome oorsee te probeer waag

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights