Agriwiki

Trekkerwerf

Hunter & Jagter

Farming SA

Schuster praat oor plaasmoord

 

Hy is keelvol vir die misdaadsituasie in die land, sê mnr. Leon Schuster, ‘n bekende komediant en akteur.

Hy is die 1 760ste persoon om landbou.com se petisie teen plaasmoorde – Stop plaasmoorde – te onderteken.

Die petisie is in Februarie vanjaar geloods, na ‘n 50-jarige boervrou van Uitenhage in die soveelste plaasaanval in die land vermoor is. Die landbou.com-span gaan die petisie later vandeesmaand aan die Regering oorhandig om daadwerklike optrede in dié verband te vra.

In sy kommentaar op die petisie sê Schuster die volgende:

“Dit is 'n skreiende skande dat die Regering en SAPD agteroorsit en GEEN werklike beheer oor hierdie nare gebeurtenisse uitoefen nie. Daar gaan kwalik 'n dag verby dat mens nie hiervan in die koerante lees nie. Ons self sit agteroor en laat maar Gods water oor Gods akker loop. Mens weet net nie werklik wat om te doen nie. Die enigste werklike oplossing is die doodstraf, maar die regering voel niks vir die feit dat ons boere op hulle plase uit haat 'dood-gestraf' word nie, terwyl hulle 'n dowe oor gee op herhaaldelike pleidooie om die doodstraf vir die walglike kriminele terug te bring. Ek is GATVOL, en so is elke regdenkende Suid-Afrikaner in hierdie land!”

Nog kommentaar op die petisie

Frank Papenfuss: Soveel as moontlik druk moet op die regering geplaas word rondom hierdie aangeleentheid. Selfs al moet mens aan klop vir hulp internasionaal.

Ronél Cloete: Plaasmoorde moet stop gesit word. Ons almal in SA is afhanklik van ons boere. Hulle voorsien ons van voedsel en skep werk vir baie mense. Hierdie booswigte kan nie daarmee wegkom nie.

Tania Steyn: More is dit my ouers. Daar is al soveel skade gedoen, die mense is moeg. Ek bid dat die petisie sal weeerklank vind.

Daniel Brink Smit: The new South Africa sport for the upcoming crime athletes is kill a farmer, rape his children and wife. It is still a secret who is filling in the score card.

Elzaan Liebner: Hoe lank moet soveel mense in vrees leef? Dis sal wonderlike wees as daar drastiese stappe geneem kan word dat veiligheid prioriteit is!

Henry Hayes: You have a job to do - do it, and we will pay our taxes!!!

Eloise Trigg: Why was Malema not arrested for hate speach on 09 March 2010 singing "kill the boer kill the farmer"? Without the "boer" there is no food! So many farms "given" are barren and dead! Let’s strike!

Mbaniso Joseph Mlotha: Due to a high level of crime I fully support this petition.

Esmarie Hall: I fear for my life and those of my family every day. Children cannot play outside without keeping an eye on them every second. Please stop targeting farmers!

Onthou om die petisie te onderteken.

11 Maart 2010

5
 
 

Kommentaar

Onbekende besoeker 

Niks van dit gaan stop nie, die wit mense moan oor die omstandighedes, maar die witmense is ook maar nie so bereid om saam te staan nie... As nasie en as ras moet almal standpunt inneem en ten minste om te probeer om n verskil te maak!!!!

Patrick

Vele wit-mense in sa is christen, dit skep 'n groot buffer wat teenkanting betrek,om petisies ens te maak gaan niks doen nie, al stel Zuma ens wat ook al, ons moet nie intelektuele prostitute word nie, deursitting in geloof,samewerking en paraatheid moet die orde van die dag wees, konstruktiewe kerk,besigheid en privaat(individuele) weerstand is 'n begin,ons moet leer om die media te gebruik die 2010 sokkerspel was 'n geleentheid om ons pleit te beklemtoon aan die wereld

Vrystaat boer 

Onthou net almal het nie rekenaars nie en almal met rekenaars is nie ingeteken op landbou.com nie, so jy sal hier nie so baie mense kry wat dit onderteken nie. Die ANC steur hulle nie aan petisies nie, nog minder aan georganiseerde landbou.

Attiee 

Ek is net so erg bekommerd oor die aantal deelnemers aan hierdie petisie. Het die mense oorgegee of is dit maar weer 'n geval van solank dit net nie met my gebeur nie. Daar is mos ander ouens wat hierdie geveg sal baklei. Ek kan maar rustig agter my hoe heining sit en na alle kante toe saampraat. Ja dit is nou wel slapgat, maar wie gaan weet, tog net ek. Ek hoop net nie dit is die werklikheid van te veel mense nie.

Swannie 

Ek haal my hoed af vir boere gesinne wat elke aand gaan slaap, en nie weet of hulle môre die son sal sien opkom nie Kan net vir hulle veilige bewaring bid.Ek wil voorstel dat alle veiligheids wagte van ministers en ander hoog geplaasdes weggeneem word en laat hulle dan ook voel wat dit is om vannaand na jou huis terug te keer,en nie weet wat agter jou deur vir jou wag nie.Moontlik sal hulle dan meer doen en minder praat.

Alwyn Steenkamp 

In ons dag se lewe wil ek net graag se dat, daar baie wit seuns wat werk soek.Ons wit seuns lewer baie meer werk uit.Hoekom kan hulle nie op die plaase werk nie?Omdat hulle wit is.Waar gaan hulle heen as hulle standed 8,10 klaar het,pety leer verder en die ander sit by die huis en die ander doen maar derde klas werk.Ons jong span mense vandag word gestraf wat die ou mense gedoen het in die ou South Africa.

Sneeuwolf 

Wat my swaar op die hart lê, is die verdeeldheid onder die Afrikaner. 1760 deelnemers aan die petiesie...? watter persentasie maak dit uit van die lesers getal? Die swartes haat ons met 'n passie. Ons weet hulle het nie die verstandelike vermoeë om demensioneel te dink nie. Wis die witman uit en dan vreet die swartes mekaar op agv armoede, hongersnood en verval. Hoe kan ons wittes maak om meer aggresief saam te staan. Ek vra 'n buurman met 'n 'slasher' om asb teen betaling my padgras ook te sny. " Broer , nee, ek sny nie uit nie !" Die Nag in hierrie land sal bly !

TTH 

Die tyd is ryp dat die leierskorps van SA vervang moet word, geheel en al, die breer volk sal moet begin groepeer en eenvoudig hul eie 'ding' begin doen en 'dit' beskerm ten all koste op watter wyse ookal, selfs al beteken dit uiteindelik gewapende opstand - die kern vir my is dat sodra hierdie groeperinge, God in Jesus Christus werklik gaan erkenning gee en eenvoudig ophou met al hul eie wanpraktyke gaan die wiel draai - gewaarborg!!!

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.