Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Seb-boere-doen-te-min

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 19:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:77%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

SEB: ‘Boere doen te min’

 
Deur SUSAN BOTES

Die lae vlak van swart ekonomiese bemagtiging wat tot dusver op primêre produksievlak plaasgevind het, belemmer landbou-ondernemings se SEB-telkaarte, sê dr. John Purchase, uitvoerende hoof van die Landboubesigheidskamer (LBK).

“Talle boere het nog nie werklik bemagtig nie en dit is iets wat ontwikkel moet word.” Hy raai boere aan om wel SEB-telkaarte te kry sodat hul ondernemings se toekoms beter kan lyk.

Die LBK is ‘n nuwe korporatiewe lid van Landbouskrywers SA (Noord). Lede van dié vereniging het gehoor hoe die kamer ‘n studie onder 30 landbou-ondernemings finansier om vas te stel in watter mate AgriSEB reeds plaasgevind het. ‘n Tekort aan transformasie op produsentevlak moet aandag kry, sê Purchase.

Purchase sê grondhervorming is een van die groot redes waarom transformasie vir landbou ondernemings belangrik is. “Tot dusver het 90% van alle projekte wat oorgedra is, misluk. Om landbou-ondernemings in die toekoms steeds te laat slag, is dit belangrik dat grondhervorming suksesvol moet wees.

Bemagtiging op produksievlak
Purchase sê landbou-ondernemings (grootliks voormalige koöpersies) kan ‘n deurslaggewende rol speel in bemagtiging op produksievlak. “Wit boere is destyds gevestig deur landboukoöperasies. Hoekom wil ons nou die wiel herontwerp? Dieselfde model kan weer toegepas word.”

Meer koördinasie moet egter steeds binne die landbou plaasvind. “Die verslag dui daarop dat landboumaatskappye heelwat doen om SEB toe te pas, maar dit is steeds nie goed genoeg nie.”
Die studie het bevind dat ‘n tekort aan bemagtigde verskaffers nie die enigste remskoen is nie. Ondernemings sukkel ook om opgeleide SEB-personeel te vind. 

Daar is ‘n tekort aan SEB-vennote wat toegang tot finansiering het en/of waarde tot die onderneming kan toevoeg.
Die Regering en reguleringsliggame bied volgens die studie ook nie die nodige steun aan landbou-ondersteuning nie.

‘n Parlementêre sitting oor die vordering van AgriSEB was vir vandeesweek beplan, maar dit is uitgestel. Na verwagting sal die Regering eersdaags ‘n transformasiehandves bekend stel. Die LBK werk nou saam met die Regering om dié dokument af te handel.

18 Augustus 2010
 

1
 
 
  • 1593 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Manfred Venter 
19 Aug 2010 16:02

Ja as dit finansieel beter gegaan het sou dit huidige voedselprodusente gehelp het met bemagtiging. Die staat sit met 'n bak hand en wil net he die boere moet uithaal en wys en help. Nie dat die staat nou juis so groot klip uit die pad rol vir die voedselprodusent nie!

  • antwoord
Piet Potgieter 
18 Aug 2010 20:59

As dit finansieel beter met boere gegaan het kon hulle dalk beter bemagtig het. Maar die feit is niks wat ons doen sal ooit genoeg mag aan die gee wat niks wil doen uit hulself nie.

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Reën steeds dringend nodig
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction