|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 19:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 77% |
| Wind: |
Navorsing wat by die Punjab Universiteit in Chandigarh, Indië, gedoen is, dui op ‘n verband tussen die gebruik van selfone en dalende heuningby-getalle.
Luidens ‘n berig van The Telegraph in Brittanje het bye-getalle in Europa en Noord-Amerika drasties afgeneem. Klimaatsverandering, plaagdoders en die opbloei van GM gewasse is al geblameer vir dié verskynsel. In Brittanje alleen het die aantal bye oor die afgelope twee jaar met 15% afgeneem.
Volgens die universiteit is bevind dat bestraling deur selfone ‘n sleutelfaktor is, aangesien dit glo met die bye se natuurlike navigasiestelsels inmeng.
Hoe is dit vasgestel?
Die universiteit het twee bye-korwe in gunstige klimaatstoestande opgestel, en aan die een is twee selfone wat daagliks vir twee 15 minuutlange sessies aangeskakel is, gekoppel. Aan die ander korf is slegs modelle van selfone aangebring.
Ná drie maande is ‘n drastiese afname in die aantal bye by die korf met die werkende selfone aangeteken. Die koninginby het ook minder eiers gelê en minder heuning is geproduseer.
‘n Suid-Afrikaanse oogpunt
Intussen sê mnr. John Moodie, die voorsitter van die SA Byebedryfs-organisasie (SABIO), is hulle bewus van hierdie navorsing, maar baie vrae word daaroor gevra. “Nog geen behoorlike navorsingsresultate en -gevolgtrekkings is al hieroor bekend gemaak nie, so ons is nie seker of selfone wel ‘n invloed op bye-getalle en bye se oorlewing het nie”, vertel hy.
Bron: The Telegraph
3 Junie 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)