|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 19:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 77% |
| Wind: |
Senwes het goeie resultate gelewer vir die finansiële jaar tot 30 April 2011, ‘n tydperk wat gekenmerk is deur heelparty landbouspesifieke uitdagings.
Luidens ‘n nuusverklaring was Senwes se omset 19,7% laer, hoofsaaklik weens die laer kommoditeitspryse in die ná-oes-voor-aanplantingstydperk tot November 2010, maar dit is eerder die R471 miljoen netto wins voor belasting, rente, depresiasie en amortisasie (EBITDA) wat aantoon dat Senwes sy besigheidsbasis kon handhaaf en selfs met 3,4% teenoor die vorige jaar kon uitbrei.
Die netto wins ná belasting het met 4,8% tot R219 miljoen gegroei en ‘n 20,7%-opbrengs op ekwiteit is behaal. R588 miljoen se welvaart is geskep vir aandeelhouers in die betrokke jaar, wat 44,5% se kapitaalgroei- en dividendopbrengs verteenwoordig.
Geleenthede in graanmark
Grainlink bly die vernaamste winsbydraer van die Senwes-groep met ‘n bydrae van 68% tot die bedryfsinkomste vir die jaar. Dié divisie het geleenthede in die graanmark benut en daarin geslaag om ‘n bedryfswins ná rente van R252 miljoen te lewer.
Hoë oordragte van mielievoorraad vir die 2009/’10-seisoen, gevolg deur nog ‘n goeie produksiejaar het graanpryse afgedwing tydens oestyd tot vlakke laer as produksiekoste en die eerste keer in die afgelope vier jaar is netto boerderyverliese wyd gerealiseer.
Meganisasie-omsette was gevolglik onder geweldige druk en tekens van herstel was eers sigbaar nadat die mielieprys met 25% sedert Desember 2010 gestyg het. Die Senwes Village-divisie (meganisasie en handelsnetwerke) kon daarin slaag om R65 miljoen se bedryfswins te lewer ten spyte van die moeilike omstandighede.
Goeie prestasie
Senwes Credit het goed presteer en ‘n bedryfswins van R50 miljoen ná rente is opgelewer.
Luidens die nuusverklaring is reorganisasie in die landboubesigheidsektor onafwendbaar en Senwes sal voortgaan om ‘n rol daarin te speel. Geografiese uitbreiding na die res van Afrika is eweneens steeds ‘n voorkeur.
‘n Finale dividend van 25 sent per aandeel is verklaar, onderhewig aan bekragtiging deur aandeelhouers op die algemene jaarvergadering.
24 Junie 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Nee onbekende besoeker, jy het die kat aan die gat beet. Die meulenaars en maatskappye soos julle' maak geld uit die boere en papeters. Julle buit uit na alle kante toe.
Net soos die boere geld maak uit almal wat pap eet, hoe slaap die boere?
Al die geld is uit 'n klompie boere gemaak. Hoe slaap hulle?
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)