Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Senwes-vorder-met-bemagtiging

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 19:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:77%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Senwes vorder met bemagtiging

 
MARLEEN SMITH

'n Volledige swart ekonomiese bemagtiging-beleid word vir Senwes saamgestel. Dit sal in September, met doelwitte en teikendatums, vir goedkeuring aan die direksie voorgelê word, het mnr. Johan Dique, besturende direkteur, op 'n inligtingsdag in Kroonstad gesê.


Dit volg ná die direksie in Januarie 'n strategiese besluit geneem het om die maatskappy volledig in te rig sodat dit aan die Regering se riglyne hieroor voldoen.


Die direksiebesluit is in pas met dié amptelike riglyne, wat onder meer voorskryf dat minstens 25,1 % van 'n bemagtigde maatskappy se aandele aan swart mense moet behoort. Swart mense moet in die direksie en uitvoerende bestuur dien en 'n vaste persentasie van die maatskappy se verkryging moet van swart en bemagtigde verskaffers kom.


Die onderneming moet voorts regstreeks in klein- en mediumgroot swart organisasies belê. Dit moet 'n regstreekse bydrae tot swart ekonomiese bemagtiging lewer in die omgewing waarin dit sake doen. Senwes sal aan dié vereiste voldoen deur 'n pakket van betrokkenheid, adviesdienste, inligting en fasilitering te bied aan boere wat bemagtigingprojekte op plaasvlak aanpak.


Dique het gesê dit sou onverantwoordelik teenoor aandeelhouers wees om nie aan die amptelike riglyne vir swart bemagtiging te voldoen nie. Die direksie en bestuur kan nie die maatskappy in 'n rigting laat wat binnekort in 'n onwinsgewende doodloopstraat sal eindig nie.


Hy het gewaarsku dat boere en maatskappye nie swart ekonomiese bemagtiging gering moet ag en ignoreer nie omdat dit slegs 'n breë beleid en riglyn is waaraan vrywillig voldoen kan word.


"Ons kon werklik nie vir meer gevra het nie — die kans om dit self te doen. Die Wet op Swart Ekonomiese Bemagtiging maak egter ook voorsiening vir 'n advieskomitee aan die President, wat hom oor vordering sal inlig. Dié komitee sal sekerlik wysigings aan die wet aanbeveel, asook moontlike ander ingryping as 'n bedryf se vordering nie na wens is nie."

14 Mei 2004

0
 
 
  • 1403 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Sonkrag: Wie gebruik dit?
  • Boere braai rekord los
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction